2 maande gelede
Toetse moet wys wie's die kind se pa
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET seks met ’n ou gehad in 1998 en swanger geraak.

My seun is in 1999 gebore.

Ek het vir die ou geval toe ek probleme in my huwelik gehad het.

Is dit moontlik dat die ou met wie ek die affair gehad het die pa van my kind is?

Ek wil ’n DNS-toets laat doen, maar ek weet nie hoe nie. Wil Weet, WhatsApp

DNS-toetse is gewoonlik 99,9% akkuraat en behoort al jou antwoorde te verskaf.

Dit kom egter teen ’n prys. Om ’n vaderskapstoets te laat doen, kos so in die omtes van R1 600 en word meestal slegs by privaatklinieke gedoen.

Antie reken egter dat die prys die least van jou worries is. Jy sal die man met wie jy 22 jaar gelede geslaap het, moet kontak en con­vince om hom beskikbaar vir so ’n toets te stel, of jou man, aan wie jy dan sal moet verduidelik hoekom jy so ’n toets wil laat doen.

Antie neem aan jou man weet nie van jou infidelity nie en alles gaan dus op die lappe kom. As jy antwoorde soek, gaan daar nie ’n easy way wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters