2 maande gelede
Toekoms met nuwe ou op hold oor eks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS in ’n verhouding met C en hy was mal oor my.

Tot sy eks weer in die prentjie gekom het. Toe is hy ewe skielik kortaf met my.

Hy het vir my gesê hy weet nie wat hy wil hê nie.

Maar ek het weke laas van hom gehoor. Nou is ek bymekaar met B en ek en hy was eers vriende.

Ek en B het nog nie saamgeslaap nie. Ek is bang C kom weer in die prentjie en maak asof niks gebeur het nie as dit weer sleg aan sy kant gaan.

Ek wil ’n toekoms bou met B. – Z, WhatsApp

Nou, wat keer jou om ’n toekoms met B te bou, liefie?

Jy moet net seker maak dat jy hierdie keer die regte boumateriaal koop.

En laat Antie jou sommer nou al sê: Om nou al met B te seks, gaan nie die fondasie vir ’n standvastige verhouding lê nie.

Jy het mos gesien seks met C bring jou niks in die sak nie, want nadat hy gekry het wat hy hou hê, toe weet hy kamma-likes nie meer wat hy wil hê nie, en is toe terug na sy eks.

Hy gaan weer van hom laat hoor as hy uitvind dat daar iemand anders in jou lewe is. Mark my words.

Voordat jy serious begin raak oor B, moet jy seker maak C is uit jou system uit. Dis amper soos om seker te maak van jou vitamin priorities.

Moenie een van daai girls wees wie se panty-rek altyd pap raak vir die verkeerde ou nie.

Maak eers doodseker van hierdie ouens se intensions voordat jy sommer met hulle in die bed spring.

Moenie van jou ’n bedspringer maak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters