22 dae gelede
Tikkop-eks bly haar teister
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK VOEL baie seer vir my vriendin wie se ou haar met ’n tikkop-meisie verneuk het.

Hulle is al ag jaar saam en hy tik ook. Hy is obsessed met haar, maar sy is klaar met hom.

Hy werk nie en slaap met die meid in sy ma se huis.

Antie, hy lyk al soos ’n bergie en loop al langs sy skoene.

Hy sit met haar juwele en wil dit nie teruggee nie. Hy en sy familie vra haar elke keer om die sake terug te trek wat sy teen hom maak, want hy ken kamma nie die tronk nie.

Ek bid dat sy iemand gaan kry wat haar waardeer. – Bekommerde Vriendin, WhatsApp

Maar dan is dit tyd dat hy die tronk ’n bietjie beter leer ken.

Hy ken dan nie van ophou nie.

Dinge gaan nie verbeter as jou vriendin elke keer die sake teen hom terugtrek nie. Die tyd van hom bejammer behoort iets van die verlede te wees. As hy nie wil hoor nie, moet hy voel.

Jou vriendin moet ’n slag die reg toelaat om sy ding te doen.

Sy moet terselfdertyd ’n beskermingsbevel teen hom kry.

Hy gaan nie op sy eie net ophou met sy dinge nie en sy sal nie kan aanbeweeg met haar lewe as hy haar steeds so verpes nie.

Watter outjie gaan kans sien vir ’n meisie wie se tikkop-eks nog in die prentjie is?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters