10 maande gelede
Tiener verruil een gangster berk vir 'n ander
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is 18 en J is 21. Ek het hom verlede jaar ontmoet.

Ons was nege maande saam. Hy het my virgin gebreek.

Hy het ’n moord gepleeg toe hy 17 was en toe hy 21 word, het die polisie hom kom haal.

Hy sit nou in die tronk, maar het my nie eens daarvan laat weet nie.

Ek het toe probeer aan­beweeg met R, wat ook ’n gangster is.

R is 24 en het twee kinders by ’n meisie wat naby my woon. Sy weet nie van my en R nie.

Ons was nie in ’n verhouding nie, want hy het ’n meisie; sy was ’n vriendin van my.

Ek en R het net geseks, maar toe my vriendin uitvind wat ek en haar ou aanvang, was dit die einde van ons vriendskap.

Ek voel baie sleg omdat ek en R geseks het. Almal waar ons woon, weet daarvan, maar R wil my nie uitlos nie.

Ek wil so graag weer vriende wees met my vriendin, maar sy groet my nie eens nie.

Antie, wanneer hulle verby my loop, groet R my altyd, maar hy wil my net in die nag ken.

Ek mis J. Ek is baie lief vir hom.

R respekteer my maar ek wil nie meer seks met hom hê nie. Soms forseer hy my om seks met hom te hê.

Hy sê hy sal in die tronk gaan sit vir my. Ek raak al bang omdat hy ’n gangster is en wil nie eens meer buite wees nie.

Wat moet ek doen, Antie? – Anoniem

Liefie, wat is dit dan met jou en die gangster-gespuis van jou buurt?

Is daar dan nie ’n ordentlike ou wat nié ’n bendelid is of nié uitgaan met ’n vriendin van jou nie?

Dié skarminkel, R, gebruik jou net. Om die waarheid te sê, elke keer wanneer hy jou dwing om seks met hom te hê, is dit eintlik verkragting.

En jy behoort eintlik ’n klag teen hom te maak.

Hy is mos hoeka bereid om tronk toe te gaan vir jou, so, daar is sy geleentheid mos dan.

So, gun hom sy wens, en terwyl hy sit kan jy begin om jou lewe en menswaardigheid te herwin.

A nee a, jy is immers nie dié jong se rugleeg­maker op standby nie.

Jy het regte; staan op daarvoor. Trek selfs uit daai gebied, as dit moet.

Maar dis tyd dat jy jou ophou vereenselwig met dié ongure karakters­. Jy kan mos nie jou lewe slyt met moordenaars, manggatte, verkragters of cheaters nie.

Jy is seker darem meer werd as dít, so, begin dit glo.

Kry jou lewe op koers en beweeg weg van die skuim van die aarde en ander meisies se ouens.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters