7 maande gelede
Tiener se berk (40) soek kind
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n meisie van 15 jaar oud. Ek het ’n geheim waarvan my ouers nie weet nie.

Antie sien, ek sien ’n ou wat al 40 jaar oud is.

Hy is baie goed vir my. Hy verstaan my en bederf my baie.

Ons het al ’n paar keer seks gehad en hy soek nou ’n kind by my.

Maar ek is bang my pa slaan my dood as hy uitvind.

Antie, die man sien ook ’n ander meisie wat saam my in dieselfde skool is.

Ek voel nie lekker daaroor nie, maar hy sê hy voel niks vir haar nie.

Maar soms wanneer ek hom whats­­app, is sy foon af en dan weet ek hulle twee is saam.

Dit maak my baie hartseer. Candy van die Dal, WhatsApp

Hierdie man kon amper jou oupa gewees het, meisa.

En wat duideliker as daglig is, is dat hy jou net gebruik.

Moenie jou toekoms só staan en weggooi nie.

Dink jy hy gaan joune alleen wees as jy die dag ’n kind van hom het?

In fact, die hele situasie is krimineel. Hy kan van statutêre verkragting aangekla word.

Baie meisies het al in hierdie strik getrap en is vandag for­ever sorry.

Moenie die verwoester van jou eie toekoms wees nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters