6 maande gelede
Threesome spook by getroude man
Antie Mona
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is WS van Wesbank en het ’n probleem saam met my geboortedatum.

Ek is in Julie 1968 gebore, maar volgens binnelandse sake is ek ouer as my oudste suster en my twee broers.

Volgens binnelandse sake is ek in Mei 1960 gebore en dus maak hulle my al 60 jaar oud. Maar ek is nou eers 52, Antie.

Ek was ’n langpad-trokdrywer, maar binnelandse sake se fout het my eintlik nou aftree ouderdom laat bereik. Wat staan my te doen? – WS van Wesbank, WhatsApp

My jinne, wat sal Home Affairs makeer om jou so te staan en oud maak? En natuurlik hou dit komplikasies vir jou in, want jy kan nie ’n inkomste verdien nie omdat jy volgens hulle rekords aftreeouderdom bereik het.

As Suid-Afrikaanse burger het jy die volste reg om daarop aan te dring dat hierdie gruwelike fout reggestel moet word in terme van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterfgevalle (1992).

Hierdie error behoort ook verniet reggestel te word as die fout by hulle lê. Vind eers uit watter addisionele dokumentasie jy ter stawing sal moet voorlê tydens die voltooiing van hierdie vorm.

Met die lockdown weet Antie nie hoe dinge op die oomblik by Home Affairs werk nie, so miskien moet jy maar eers bel en uitvind hoe jy te werk moet gaan.

Jou naaste kantoor van binnelandse sake is in Bellville en hulle kontakbesonderhede is Bongani.Ndimande@dha.gov.za of 021 944 6211/ 021 944 6240.

Antie hoop jy kry hierdie issue so gou as moontlik uitgesorteer, want ongelukkig is binnelandse sake ook mos maar berug vir voete sleep.

Liewe Antie Mona

Ek en my vrou is 17 jaar getroud.

Ons het drie pragtige dogters vir wie ons baie lief is.

Ek en my vrou is albei professionele mense met goeie werke.

Oor die jare het ons soveel moeite ingesit om ’n goeie lewe vir ons kinders te skep dat ons ons verhouding so te sê afgeskeep het.

Dit was die kinders en al hul behoeftes eerste.

Seks was byvoorbeeld iets wat ons maar so nou en dan gehad het.

Ek het maar altyd die idee gekry my vrou tick my soort van van ’n to-do lysie af wat seks betref.

So ’n jaar gelede het ek en my vrou ’n ope gesprek gehad en ek het haar gesê dinge kan nie só aangaan nie.

Ons kinders is uitgesort en ons lewe redelik gemaklik. Ons is nie skatryk nie, maar sukkel darem ook nie. Dis net die sekslewe wat so ’n gesukkel is.

My vrou het saamgestem en ons het saam besluit dat ons iets aan die situasie moes doen.

Ons het oor ons fantasieë gepraat en ek hoor toe dat sy nog altyd ’n threesome wou gehad het – met ’n ander man.

Ek wou ook nog altyd so iets hê, maar natuurlik met ’n ander vrou in die bed. Maar ek dink toe oukei, dit is ten minste ’n start en ek sal seker ’n ander vrou ook in ons bed kry.

My vrou was heel opgewonde en het gesê sy sal self iemand reël, wat sy ook toe gedoen het. Dis toe ’n jongerige kollega van haar van wie sy altyd baie gepraat het.

Ons het toe ’n paar maande voor lockdown ’n stout aand gereël met die kinders wat by vriende van ons se kinders gaan oornag het.

Antie, dinge het egter nie uitgedraai soos wat ek gedink het nie. Ek het soos die toeskouer gevoel, want daai twee het mekaar uit die staanspoor gegryp en ek moes daar soos ’n fool lê en toekyk.

As dit nie vir die lockdown was nie, het hulle beslis weer geseks en ek sukkel nou om daai prentjie uit my geheue te kry. – Teleurgesteld, e-pos

Dit klink vir my asof dié twee hoeka mekaar wou gryp. Hoe anders kon sy sommer so dadelik aan hom dink as julle partner in crime?

’n Mens moet baie mooi dink oor die spice wat jy in jou slaap­kamer wil sprinkel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters