19 dae gelede
Sy’s swanger van haar slegte berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY TRANE brand in my oë en my hart terwyl ek aan Antie skryf.

Ek is T van die Paarl en ek het ’n boyfriend wat soms al oor twee, drie weke na my toe kom.

Antie, as hy ’n draai kom maak, het hy elke keer excuses en dan raak my hart weer sag vir hom.

Ek is baie lief vir hom. Op die oomblik is ek swanger met sy kind. Hy het nóg ’n kind oor wie sy mense baie mal is.

Ek weet regtig nie wat om te maak nie, Antie. Moet ek hom sê van die swangerskap, of moet ek hom los?

Hy skeep my af en bly met verskonings kom. My mense is mal oor hom en het hom aanvaar.

Hy kom en gaan soos wat dit hom pas en dit maak my baie seer.

Wanneer hy wel kom, is dit net vir seks.

Ek is 21 jaar oud, Antie, en hard besig om aan my toekoms te werk.

Hy treat my reg, maar wanneer ons by ’n paartie kom, ignoreer hy my.

Dan is hy insecure en raak handgemeen.

Soms voel dit hy verdink my, maar hý is dan die een wat my vir ’n pop vat.

Dit voel baie keer asof ek myself wil doodmaak.

Hy bly vol leuens en verskonings en ek is gatvol. –T van die Paarl, WhatsApp

As Antie so deur jou brief lees, besef ek net weer hoe immature jy is as dit by die liefde kom.

Hy treat jou reg, maar lig sy hande vir jou en steek net uit as hy seks wil hê?

Nou sê vir Antie, waar pas daai as dit kom by ’n outjie wat sy meisie reg treat?

Jy kan nie jouself en jou ongebore kind om die lewe bring oor ’n jong wat jou nie werd is nie. Never!

Selfmoord is nie die antwoord nie.

Wat wel baie sal help, is dat jy jou verstand moet gebruik wat die liewe Vader jou gegee het.

Ongelukkig het jy nou loop en swanger raak en jou basies forever gaan bind aan hierdie jong.

Ek kan regtig nie verstaan hoe jy onbeskermde seks kan hê met ’n jong wat jy diep in jou hart weet jou verneuk nie.

Hoekom anders dink jy ignore hy jou by paarties? Vir die fun?

Nee, hy wil nie hê die ander vroue daar moet sien hy is eintlik saam met jou nie.

Dalk is die een wat sy aandag vir twee, drie weke besig hou, ook daar en is hy bang hy word uitgevang.

Jy kan nie jou swangerskap vir ewig van hom en jou familie weghou nie. Een of ander tyd gaan daai boepie van jou die game weggee.

En as pa, hoe ’n sleggat boyfriend hy ook tans mag wees, gaan hy regte en toegang tot jou kind hê.

Sien jy nou hoe jy eintlik vir jouself ’n lewenslange lat gepluk het?

Hoekom bly by ’n ding wat jou so sleg treat? Omdat jy loop lê het saam met hierdie slegte ding en jou alles vir hom gegee het, beteken dit nie jy is syne vir ewig nie.

Dis tyd dat jy jou kop gebruik en vir ’n slag besef dat jy meer en beter in die lewe verdien.

Hoe kan jy kliphard aan jou toekoms werk as jy eintlik besig is om kliphard jou eie toekoms deurmekaar te krap? Dit is tyd dat jy opstaan vir jouself en weier om een van die hope ander vroue daar buite te wees wat ’n skroplap vir ’n etter wil wees.

Antie glo nie dat ek te veel spasie aan jou brief afstaan nie.

Wat te erg is, raak darem nou veels te erg. Daar is hordes, hordes meisies daar buite wat time en again swanger raak van ’n etter van ’n jong.

’n Jong wat hulle in die afgrond belieg, bedrieg, verneuk en aanrand.

Hierdie meisies voel hierdie sleg goed doen dit uit liefde en gee om vir hulle.

Hierdie stront moet ophou. Ons kom nou weer, nes laas jaar, uit ’n maand soos Vrouemaand, waartydens ons issues op die spits gedryf is.

Maar somehow is daar steeds van ons vroue wat eenvoudig nie hulle worth wil sien nie. Sê dit agter Antie aan: Ek is niemand se vloerlap nie. Never, ever!

Begin nou glo in jouself en jou drome.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters