7 dae gelede
Sy's bang hy los haar en gaan na sy land
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 21-jarige dame en het my kêrel by my werk ontmoet.

Antie, hy is ’n buitelander en maak my ongelooflik gelukkig.

Soos Antie weet, verskil mense se opinies wanneer dit by buitelanders kom. Hy het byna ál my familielede ontmoet en ek syne.

Antie, ’n mens kan nie almal van hulle vertrou nie. Dis hoekom ek seker gemaak het dat ek hom beter leer ken.

Hy het my al sy papiere gewys en ek het seker gemaak dis “legit”.

Ek is mal oor hom. Ons verstaan mekaar en kom ooreen oor dieselfde dinge, maar ek wil weet of ek hom kan vertrou.

Gaan hy my los en na sy land terugkeer?

Ons is ag maande saam, maar woon nie saam nie.

Gee raad, asseblief.  Vol Vrae, WhatsApp

En vir jou wat nog so jonk is, hoop Antie van harte dat julle nog ’n lang ruk nié gaan saambly nie.

Veels te dikwels is die dinge wat in ’n verhouding verkeerd kan loop daaraan te wyte dat dinge so agterstevoor om gedoen word.

Saambly behoort mos eers te kom wanneer die trouring aan die vinger pronk. Of hoe?

Wat jou concerns betref, dit blyk jy het jou tuiswerk goed gedoen.

Deesdae moet veral ons vroue mos eers doodseker van ons saak maak voordat ons iemand van die teenoorgestelde geslag met ons kosbaarste besitting, ons hart, kan vertrou.

Ongelukkig is daar geen waarborg in die lewe dat dinge blywend is nie.

En hoe sal enige iemand ooit kan predict of hy dalk eendag in die toekoms gedagtes gaan kry om na sy land terug te keer?

Die liefde is ’n mooi ding. Geniet dit vir eers. Geniet mekaar. Moet jou net nie blind staar as daar warning signs sou opduik nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters