22 dae gelede
Sy wil hom nie met onderhoud 'spite'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B van die Baai en was in ’n verhouding waaruit ’n seuntjie gebore is wat nou een jaar oud.

Ek en die kind se pa was nege jaar in hierdie so-called verhouding. In Augustus verlede jaar het hy net distant begin raak. Ek het hom destyds gesê hy hou hom besig met k*k, maar as ek hom daaroor uitgevra het, het hy smoorkwaad geraak.

Daar het stories begin rondloop dat hy ander meisies ook het. Ek het op vuil chats en porn pics op sy phone afgekom.

Toe ons ontmoet, het hy reeds twee kinders gehad en ek het hom aanvaar met sy trosse en al. Hy het ook ’n kind in ons verhouding gemaak wat hy nou nog afstry.

Ons is nou al langer as tien maande nie meer saam nie en ek voel hy het my misbruik. Hy het my en ons seuntjie afgeskryf.

Hy loop deesdae verby my sonder om te groet. Hy het ook nog nooit vir my kind gesorg nie.

My familie het my altyd onderhou en gehelp om my kind groot te maak.

Ek was altyd die een wat hom bygestaan het met als. Ek hardloop ook nie meer agter hom aan nie. Hy wil nie eens sy kind erken nie. Ek voel baie seer hieroor, maar vat dit dag vir dag.

Ek was lief vir hom en het steeds gevoelens vir hom. Ek wou nog altyd weet wat die rede is dat dinge tussen ons skeefgeloop het.

Ek wil hom nie gaan aankla vir onderhoud nie, want dan dink hy ek probeer hom spite.

Gee raad, asseblief. – B van die Baai, WhatsApp

Daar is ’n bitter important issue­ waaraan ons eerste aandag moet gee: die maintenance van jou kind.

As jy hom hof toe sleep vir papgeld, is dit nie ’n sign dat jy hom probeer spite nie. Hy het ’n wetlike responsibility om vir sy kind te sorg.

As hy nog slegter wil wees deur te stry dat dit nie sy kind is nie, sal ’n vaderskapstoets gelas deur die hof paternity kan bepaal.

Dis ’n proses wat jy aan die gang moet sit. Wat hy ook al oor die jare vir jou kind skuld, kom jou kind toe.

Jy kan mos nie jou kind grootmaak met gawes en gunste van familie nie. Maak ’n draai by jou naaste hof se maintenance-afdeling en sit die papgeld-bal aan die rol.

Jy sal sommer sien hoe hy weer met jou begin praat soos wat sy hol begin knyp oor al daai maintenance wat hy skuld. Wat die rede vir jul opbreek betref: Dis heel eenvoudig – dié eks van jou is ’n jintoe.

Hy is goed daarin om sy onner-jokkie af te trek en kind te maak, maar diep sleg daarin om sy vader­like pligte na te kom.

Hy kry lekker, want al sy kinders se ma’s wil hom nie “spite” nie.

Die enigste wat wel gespite word, is die kinders. Dink aan jou kind en maak seker hierdie man begin nou ’n slag sy duties nakom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters