21 dae gelede
Sy wil hom kill oor hy haar nie wil hê
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS K van die Elsies en ek is in ’n long distance-verhouding met T. Ons sien mekaar een keer ’n maand, maar daar is ’n ander girl wat ook agter my aan is.

Ek wil haar nie hê nie, maar sy bly sê sy gaan my doodmaak. – K van die Elsies, WhatsApp

Nou, wat is hierdie meisie se storie dat sy so taai agter jou aan is? En haar dreigement? Dit kan nie ligtelik opgeneem word nie.

G’n normale mens dreig met moord as jy nie in hulle belang stel nie.

Wees versigtig vir hierdie girl. As sy nie haar dinge wil laat staan nie, sal jy dit sterk moet consider om ’n beskermingsbevel teen haar uit te neem.

In vandag se tye kan ’n mens nie sulke uitlatings net ignoreer nie. Hou jou skaars as dit by Psycho Sally kom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters