5 maande gelede
Sy wil berk afvry by sy meisie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS baie mal oor ’n outjie in my straat.

Hy gee my goosebumps elke keer as ek hom sien.

Antie sien, hy het ’n meisie, maar ek worry nie daaroor nie.

Ek weet ek en hy is meant to be.

Ons praat so nou en dan as hy ’n light vir sy entjie soek.

Ek kan dan sommer hoor hy is ’n baie volwasse outjie met ’n goeie hart.

Ek wil dan so graag vir hom sê hoe ek oor hom voel, maar raak dan baie skaam.

Dis dan asof die woorde nie uit my mond kan kom nie en my bene voel soos jelly.

Antie, ek dink ek en hy sal ’n baie mooi couple maak.

Hoe kan ek hom dit laat sien? – Meisie van die K, WhatsApp

Nou hoe kan jy sien iemand het ’n goeie hart as hy ’n lighter by jou soek?

Hierdie ou het ’n meisie – jy weet hoe die girls deesdae oor hulle ouens baklei.

As jy nie lus is vir sulke drama nie, stel Antie voor jy gaan soek nie vir goed wat kon gebly het nie.

So jonk en dan mors julle julle gesondheid met ’n rokery op.

Vandag se generasie het hoeka nie veel asem vir ’n vryery nie weens al die fake entjies wat hulle rook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters