20 dae gelede
Sy wag nog vir hom om sy vrou te los
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS A, 46 jaar oud en gaan uit met ’n 51-jarige, getroude man.

Ek is baie lief vir hom, Antie. Hy sê hy gaan sy vrou los.

Wat moet ek doen? Ek kan nie sonder hom lewe nie.

Gee raad, asseblief. – A, Whats­App

Jy kan nie sonder hom lewe nie?

Vrou, jy haal dan vir 46 jaar op jou eie asem. Jy deel mos nie ’n long met hierdie man nie.

Wil jy nou vir Antie sê jy kan nie ’n ander man kry nie? Hoe lank promise hy al om sy vrou te los?

Wat julle aan sy arme vrou doen, is glad nie mooi nie.

’n Mens kan nie jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

Hoekom skei hy nie eers voordat julle ’n verhouding pursue nie?

Soos dinge anyway nou lyk, is hierdie man net besig om jou uit te lê.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters