9 maande gelede
Sy vrou beskuldig hóm, maar is dan ’n ou joller
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my vrou kom al ’n lang pad saam – byna sewe jaar getroud en twee kinders saam.

Voor die eerste kind het sy my met ’n ander man verneuk en dieselfde met die tweede kind. Nou, drie jaar later, gebeur dit weer.

Sy beskuldig mý nou daarvan dat ek rondslaap. Maar sedert ons getroud is, was ek nog nie een keer ontrou aan haar nie.

Ek het elke dag maar net werk toe en terug huis toe gegaan.

Nou is ek bekeer, maar steeds beskuldig sy my, en ek loop nie eens rond nie.

Sy is nou vir die naweek weg nadat ek op haar WhatsApp-boodskappe afgekom het waarin sy met drie mans seksgeselsies het en sê sy het sterk gevoelens vir een van die mans.

Sedert sy van die huis af weg is, het sy nog nooit kontak gemaak of laat weet wanneer sy sal terug wees nie.

Kan u my asseblief raad gee oor wat kan ek doen, want ek voel ek word gebruik en verneder! – via WhatsApp

Liewe mens, jy voel jy word gebruik en verneder? Beslis! Jy en jou arme kinders.

Dit is jammer dat jou vrou so ’n ghoffel is en nie ’n goeie mens soos jy waardeer nie. Dis tyd dat jy jou voet dwars sit en nie meer haar sleggeid entertain nie.

Dis ’n nuwe jaar. Jy hoef nie met dieselfde ou hoergedagtes van hierdie vrou opgeskeep te sit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters