2 maande gelede
Sy vind uit hubby het haar verneuk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET laas jaar uitgevind my man ­hoer rond.

Antie, ek moes al die signs gesien het, veral toe my man hom spoggerig begin aantrek het.

Ewe skielik het hy stywe jeans begin dra en duur after­shave gekoop.

Ook ’n nuwe phone wat sy hoer-phone geraak het.

Vir ’n man wat nie eens geweet het hoe om ’n please call me te stuur nie, was hy toe ewe skielik ’n phone guru.

So behep was hy met sy phone en laatnag se gechat dat hy nie eens tyd vir my gemaak het nie.

Antie, ek moes soebat vir ’n stukkie, want hy was ewe skielik pal moeg.

Een Saterdagaand toe hy lê en tiep, het ek op sy WhatsApp ingegaan.

Ek het die skok van my lewe gekry, Antie.

Hy chat met verskillende vroue wat die vieslikste foto’s vir hom stuur.

Ek het ook gesien dat hy foto’s van sy eie voël aan van hierdie vroue gestuur het.

Toe vang my oog ’n boodskap wat gesê het “dankie vir die lekker aand in die hotel”.

Ek was so kwaad dat ek hom sommer wakker geklap het.

Antie, hy wou nog stry, maar het later erken dat hy een aand wat hy veronderstel was om nagskof te werk, een van die vroue in ’n hotelkamer ontmoet het.

Hy sê hulle het net gesels en dat niks gebeur het nie.

Ek glo hom nie. Dinge is nie meer dieselfde tussen ons nie.

Ek gee hom ook nie meer seks nie. All of a sudden is hy nie meer moeg nie en wil ietsie hê, maar ek hou my stram.

Dit voel vir my of ons huwelik verby is.

Die kinders weet nie wat aangaan nie, maar hulle het al gevra hoekom is ek en hulle pa so styf met mekaar.

As dit nie vir die kinders was nie, het ek van die ding geskei. C van R, e-pos

Wie boek by ’n hotelkamer in om oor ditjies en datjies te gesels met ’n vrou wat jou al foto’s van haar onderdele gestuur het?

Natuurlik lieg hy en is spaarsamig met die waarheid.

Vrou, dis jammer dat jou man so min van julle vows gedink het.

Om die issue en spanning tussen julle te ignoreer, is nie die oplossing nie.

En om ter wille van die kids in ’n ongelukkige huwelik te bly, gaan ook nie werk nie.

Die krake in julle huwelik gaan al groter word as julle nie aan die issues werk nie.

Antie stel berading voor waar julle in die teenwoordigheid van ’n neutrale persoon die ding kan uitpraat en oor die pad vorentoe kan besin.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters