Verlede maand
Sy vat jollerman elke keer oop arms terug
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B en is die afgelope 16 jaar getroud met J.

Ons het twee seuns. Ons baba is ses jaar gelede oorlede.

Ek is baie bekommerd, want my man het al twee keer uit die huis gestap.

Elke keer vat ek hom terug asof niks gebeur het nie. My man mors elke keer met ander vroue.

Hy vang hierdie dinge al van 2011 af aan. Hy is nou weer besig met iemand.

Ek weet nie of ek hom meer kan vertrou nie. Ek is so bang hy verneuk my weer.

Gee tog raad, asseblief, Antie. – Bekommerde B, WhatsApp

Vrou, hoekom bang wees dat hy jou weer gaan verneuk as hy hoeka tans besig is om dit te doen?

En soos wat dit vir Antie klink, worry hy glad nie dat jy daarvan weet nie.

Weet jy wat is jou groot probleem? Jy is gans te verleë vir hierdie sleggat-man van jou.

Ná 16 jaar het jy nog nie besef dat jou bestaan hier op aarde nie van hierdie man afhang nie; dat jy hom nie in jou lewe moet hê om behoorlik asem te kan haal nie.

Hierdie man voel niks vir jou en julle kinders nie. Hy het geen respek vir julle huwelik nie.

Hy maai en iets anders wat daarmee rym in julle huwelik rond, sonder om jou en jou gevoelens in ag te neem.

So, hoekom moet jy hom enigsins in ag neem? Hoekom moet jý altyd die een wees wat jou en julle kinders se geluk agtertoe skuif om kom te akkommodeer?

Eers wanneer hierdie man se voël sy laaste stuiptrekkings gee, gaan hy ophou jol. Wil jy wag tot dan?

Of wil jy for once in jou lewe besef dat jou doel op aarde nie is om jou man se jollery op te eet nie?

Dit is tyd dat jy jou vrou staan en vir hierdie man van jou wys dat jy nie langer sy slegtigheid gaan entertain nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters