8 maande gelede
Sy sukkel met outjie se ma en pa
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my kêrel is al vir meer as twee jaar saam en ek is tans swanger van hom.

Ek en hy het ’n goeie verstandhouding, maar sy ouers bly tussen ons kom.

Alles wat sy ouers sê, is wet – wat ek verstaan. Maar wat ek nie verstaan nie, is sy ouers gee hom nie ’n rede hoekom hulle nie van my hou nie.

En hy is te bang om sy mond oop te maak. Hoekom moet sy ouers vir hom wil vrou kies?

Hy is dan meer as gelukkig met my. Elke keer wanneer sy ouers hom sê hy moet my uitlos, los hy my.

Ek weet nie meer wat om te doen nie, antie! via WhatsApp

En jy gaan raak swanger van hierdie mommy’s boy om die pot net nóg verder te laat kook?

Dis mos nou soek vir moeilikheid. In ’n ideale verhouding sal enige meisie graag goed met haar aanstaande skoonouers oor die weg wil kom.

Maar as dinge stram is en jy sien probleme al ver aankom, dan behoort jy jou kop te gebruik, meisa.

Dit gaan onregverdig wees om van hom te verwag om tussen jou en sy ouers te kies, en jy moes dit besef het.

Besef jy watter opdraande nou met die swangerskap gaan voorlê?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters