21 dae gelede
Sy mini-move laat hom nie as ’n hubby afsteek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n groot probleem, Antie.

Ek en my man is 15 jaar getroud en ons het drie groot kinders.

My man het ook ’n buite-egtelike kind en hy het steeds ’n ding aan met hierdie kind se ma.

Elke keer wanneer ek hom vra of hy en hierdie kind se ma nog worry, dan stry hy my af.

Dan wil hy my slaan. Ek is nog baie lief vir hom en ek weet nie wat om te doen nie.

Het Antie raad vir my, asseblief? Hartseer Vrou

Dit klink of jou man al jare sy brood alkant gebotter gehad het.

Liefie, as ’n man al sy hande vir jou wil lig, dan behoort die waarskuwingsligte by jou te flikker. Dan behoort dit nie oor die liefde te gaan nie, maar oor common sense.

Aan die einde van die dag gaan dit nie eintlik saak maak wat mense vir jou sê nie, want Antie kry die idee al vang jy hierdie man van jou op die nes, gaan jy hom steeds nie los nie.

Liewe Antie Mona

NIE IN my wildste drome het ek gedink ek sal aan u skryf nie, maar nou ja.

Nadat ek u rubriek gelees het oor die manne wat so kla oor die tekortkomings in hul bedsake, wil ek ook maar my bietjie raad gee, vir wat dit ook al werd is.

Antie, die saak staan so: Ek en my vrou is 33 jaar getroud en ons is nog smoorverlief op mekaar.

Ons het twee jaar uitgegaan voordat my vrou die leiding geneem en my gevra het wanneer ek haar gaan vra om te trou.

Antie sien, nooit sou ek trou oorweeg het nie omdat ek baie klein is daar onder (so 2 cm lank en 1 cm dik).

My vrou het nog nooit gekla nie en sy het my laat verstaan dat die huwelik nie net uit seks en ’n groot wors bestaan nie; dit bestaan uit die liefde, omgee en besorgdheid oor mekaar.

Ek en my vrou bevredig mekaar op verskillende maniere.

Ek doen my uiterste bes om vir haar en my stiefkinders te sorg.

Die kinders dra my op hul hande – op so ’n wyse dat hulle baie min tyd by hul regmatige pa spandeer, alhoewel ek hulle aanmoedig om nie hul biologiese pa te vergeet nie.

Eintlik is hierdie mense wat so kla met seks behep en hulle dink dat alles rondom hulle gaan ineenstort as daar nie te kry is nie.

Gaan na die badkamer, sluit die deur, bevredig jouself en kom met ’n breër smile op jou gesig na jou vroulief toe.

Of nog beter, gaan na jou Bybel en lees wat sê dit wat die huwelik betref. Gelukkige Man

Sien, ’n 2 x 1 cm move kan ook ’n smile op jou en jou vrou se gesig sit.

Jy is reg: Veels te dikwels word daar op size klem gelê en nie aandag gegee aan die ander aspekte van die huwelik nie.

Ja, almal van ons wil hê ons tone moet darem ook lekker krul, maar as jy die huwelik net op seks gaan baseer, dan gaan jy jou baie laat maak. Baie couples het niks behalwe seks gemeen nie.

Hulle deel g’n belangstellings nie en kan oor geen onderwerpe praat nie en buiten die sake van die kooi, lei elkeen sy of haar eie lewe.

Jy is ’n wandelende bewys dat 2 cm ook sy plekkie onder die son kan los skoffel.

Liewe Antie Mona

EK IS verlore; my familie het my afgeskryf.

Ek is 19 jaar oud en unemployed, Antie.

Ek kan nie nou al op 19 wil doodgaan nie, want ek het nog niks op my naam nie. Antie, ek het nie eens ’n ID nie. Ek weet nie waar dinge gaan eindig nie. Moedeloos

Liefie, ongelukkig is die lewe nie maklik nie.

Niks val sommer in jou skoot nie. Dis ’n konstante battle van hard werk om aan iets te kom.

Daarom is dit belangrik dat jy van elke kans gebruik maak wat die lewe jou bied.

Dit begin reeds op skool. Jy kan onderrig byvoorbeeld as ’n tool inspan om goeie uitslae te behaal, sodoende beurse te werf en verder te gaan studeer.

Maar selfs al gradueer jy, is dit nie die einde van die battle nie. Elke dag is ’n nuwe dag van hard werk om jou drome te laat waar word.

’n Goeie begin sal wees om vir jou ’n ID te kry.

Niemand gaan jou anyway daarsonder ’n werk aanbied nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters