22 dae gelede
Sy liefde vir vaalwyn besorg vrou net pyn
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van K en het twee en ’n half jaar gelede met die broer van my oudste kind se pa deurmekaar geraak.

Ons woon nou saam. Hy is geskei en ek kom uit ’n huwelik van 17 jaar.

Antie, wat my deesdae pla, is dat hy nie kan wegbly van sy vaalwynkop-vrinne nie.

Wanneer hy so gesuip is, skel hy saam met hulle dat ek moet trek. Dit terwyl ék die broodwinner in die huis is. Ek sorg vir alles.

Ek het hom mooi van hulle af weg gekry sodat hy nie meer so vieslik dronk in die strate kan skel en rondval nie.

Sy kar was stukkend en ek het dit uit my eie sak uit laat regmaak.

Wanneer hy dronk is, ry hy en sy vriende rond terwyl ek by die huis moet sit. Dan paartie hy en slaap uit.

Wat meer soek hierdie man in ’n vrou? Ek is op die punt om terug te trek Atlantis toe, na my kinders toe, wat my meer sal waardeer.

Hy het nou weer gesmeek vir nog ’n kans. Hy is 47 en ek is 37 jaar oud. – C van K, Whats­App

En vir ’n tydjie sal dit nou weer goed gaan en hy sal in sy spoor trap.

Net om weer later ’n vaalwyn­come­back te maak.

Sien, sy eksvrou was nie meer lus vir sy dinge nie. Dis hoekom sy van hom geskei het.

Antie weet nie of jy op soek is na ’n pet project nie, want dit is wat jy anyway nou met hierdie man moet doen.

So groot soos wat hy is, jy is die een wat nou vir hom moet sorg en die pot aan die kook moet hou.

Dit terwyl hy saam sy vriende rinkink en hul lywe ’n gawe vaalwyn-tyd gee.

Antie het al gehoor daai vaalwyn stink so deur mense wat dit drink se vel dat jou vel ook die hasepad wil vat.

Wat soek jy by hierdie man? Is dit jou begeerte om iets meaningful in iemand se lewe te wees?

In die proses word jy nie waardeer nie, jy word uitgebuit.

Die kans is groot dat jou kinders jou net so sal uitbuit.

Moenie verlang na die waardering van ander nie.

Bederf jouself vir ’n slag met jou eie geld.

Jy sal moet besluit hoeveel langer jy hierdie man se dinge gaan entertain. Wat Antie jou wel kan sê, is dat hy nie lank by sy promise sal hou nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters