3 maande gelede
Sy kan getroude man maar net nie los nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 21-jarige enkelouer wat dit weens ’n geldtekort ’n bietjie moeilik gevind het om my kind groot te maak.

Maar die Here het my later geseën met werk, Antie, en ek het ’n wonderlike man by die werk ontmoet.

Ek praat van my droomman. Hy het als wat ek soek in ’n man en om eerlik te wees, hy voel dieselfde oor my.

Maar die probleem is, Antie, hy is getroud.

Glo my as ek vir Antie sê ons het dinge al baiekeer probeer stop, maar ’n paar minute ná ons gesprek val ons net weer in mekaar se arms asof ons mekaar nie kan uitlos nie.

Op ’n tyd het ek gedink hy gebruik my net, maar soos die tyd verbygegaan het, het hy meer sy liefde bewys en hy sê dit ook elke dag vir my.

Ek wil hom so graag vir myself hê, maar dan voel ek skuldig omdat ons sy vrou in die rug steek.

Antie, so lief soos wat ek vir hom is, wil ek hê hy moet my los en dinge regmaak met sy vrou.

Maar hy wil my nie los nie.

Hy sê hy is lief vir my en hy is bang om my te verloor.

Gee my raad, asseblief, Antie, want ek weet nie wat om te doen nie.

Ek is lief vir hom en wil hom vir ewig by my hê, maar dan dink ek ook aan sy huwelik. Wat maak ek in hierdie situasie, Antie? – Enkelma, WhatsApp

Liefie, kom ons maak ’n paar goed vinnig baie clear.

As jy gebless is met werk, was dit om vir jou kind te provide – nie om met ’n ander vrou se man deurmekaar te raak nie.

Ons as vroue moet mos saamstaan in die lewe en nie mekaar in die rug steek nie.

As dié jong so lief was vir jou soos wat hy wil voorgee, sou hy mos al geskei het, of hoe?

Ja, hy play jou. Hy play jou op ’n baie slinkse manier. En elke keer val jy vir sy kaarte.

Hou op jou panty-rek pap maak vir ’n getroude man wat jou net use. Dis ’n stokou storie. Hy gaan nie sy vrou vir jou los nie, jy is sy loslappie. Dis tyd dat jy dit besef, vir ’n slag waardes kweek en sélf dinge tussen julle beëindig.

En wie se droomman is getroud? Hy kan mos nie jóú droomman wees as hy klaar ’n ander vrou se wettige droomman is nie.

Antie glo jou ware, ongetroude droomman is iewers daar buite – maar julle paaie gaan nie kruis terwyl jy nog vasklou aan hierdie tweegatjakkals nie.

Hy gaan elke aand huis toe na haar toe. Elke aand kruip hy langs haar in en maak liefde met haar.

Elke dag sê hy aan haar hy is lief vir haar en lag agter jou rug oor jy so naïef­ is om vir sy liegstories te val.

Wat julle aan sy vrou doen, is nie mooi nie. Jy tender vir ’n bitch-klap van karma.

Dink aan jou kind en wat mense eendag van sy/haar ma gaan skinder. Doen die regte ding en breek weg van dié geringde voël.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters