10 dae gelede
Sy is nie seker of hy die een is nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van A en ek is 19 jaar oud.

Ek en my boyfriend (20) gaan al sewe maande uit en ons het nog nie geseks nie. Ek is nog ’n virgin.

Ons sien mekaar baie min, want hy is van die Kaap. Antie, ek is baie lief vir hom en sal enige iets vir hom doen.

Hy het gesê as hy afkom, moet ons seks. Antie, ons het al daaroor gepraat, maar ek is steeds bang, want ek is nie regtig seker of hy die een is nie.

Ek wil nie regrets hê nie. – J van A, WhatsApp

Laat hierdie Kapenaar loop skyt! Liefie, Antie kan jou nóú al sê hy gaan net kind maak en verdwyn.

Dan weet jy nie eens waar in die Kaap jou kind se pa hom bevind nie. En papgeld kan jy maar op jou maag skryf.

Jy is nog jonk. Bitter jonk. Werk aan wat jy alles in die toekoms wil achieve. Elke ander ding sal op sy regte tyd kom. Maar vat intussen voorsorg. Net ingeval jy swak is. Beter safe as sorry!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters