15 dae gelede
Sy is die oorsaak van almal se issues
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou al so moeg daarvoor om altyd die verkeerde een te wees.

Ék word geblame vir alles wat in ander mense se lewe verkeerd loop.

As my man troubles by die werk het, sê hy dis omdat ek so bad luck is.

As my ma-hulle se sake nie reg uitwerk nie, sê hulle dis omdat ek so ’n nare mens is.

Maar Antie, ek kan mos nie die skuld kry vir alles wat skeefloop nie.

Ek is in hulle oë ’n nare mens, maar as geld geleen moet word, is ek goed genoeg.

Daar is dae dat ek voel of ek sommer net ’n einde aan alles kan maak.

Niemand waardeer my nie en ken my net as hulle iets nodig het.

Maar as iets in hulle lewe skeef loop, is dit my skuld.

Ek is moeg, lewensmoeg, en sien nie meer kans vir hierdie lewe van my nie. – Keelvol, WhatsApp

Wat in ander se lewe skeefloop, kan beslis nie voor jou deur gelê word nie.

Só magtig is geen mens dat hy/sy ander mense se lewe kan dikteer nie.

Antie sê altyd as niemand jou waardeer nie, moet jy jou waardeer. En eerste stel.

Stel ’n slag jou eie happiness eerste en moenie meer ’n piggy bank vir ander wees nie.

Laat hulle ’n slag by ander gaan bedel en sleg praat van ander.

Begin glo jy verdien meer as die behandeling wat jy tans kry.

Hierdie is jou lewe en dit is jou taak om jou gelukkig te maak!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters