17 dae gelede
Sy hardloop weg vanaf die huis vir ouer ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WORD dié jaar 16, maar is verlief op ’n 24-jarige ou.

Hy wil ook saam my wees en ons het al baie tye saam uitgegaan as vriende.

Ons het een keer gesoen en dit het ’n gewoonte geword.

Hy het later vir my gesê hy is verlief op my.

Ek is ook lief vir hom, maar my ouers is nie tevrede met hom nie.

Hy het sy eie huis. Ek weet nie wat om te maak nie.

Ek het ook al baie weggehardloop van die huis af na hom toe.

Gee raad, asseblief. S van P

Jy gaan nog so weghardloop van die huis af en dan kom jy met ’n kind terug as jy nie gaan luister nie.

Liefie, jy is nog bitter jonk. Jou ganse lewe lê nog voor jou.

Jou ouers wil die beste vir jou hê en dit is tyd dat jy jou ouers vertrou om jou die beste na hulle vermoëns te help om jou volle potensiaal te bereik.

Dié ou is te oud vir jou. Hy is al geskool in die lewe terwyl jy nog op skool is.

Wat julle in common het, kan Antie nie sien nie. Wat? Help hy dan vir jou met jou huiswerk, of wat?

Moenie dat daai rebelse gees in jou al jou toekomsplanne en drome omver gooi nie.

Kyk daar buite na die hordes ander meisies wat in ’n strik getrap het, waar hulle vandag alleen moet sukkel om hulle kinders groot te maak.

Moenie vir jou alwetend hou en sê dat dit nooit met jou sal gebeur nie.

Begin ’n selfstandige, gehoor­same kind vir jou ouers wees en moenie gaan soek vir dinge wat kon gebly het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters