2 maande gelede
Sy gooi heeltyd een fout voor my kop
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

JA, NÈ, nooit het ek gedink ek sal ook aan jou deur kom klop vir hulp nie.

Ek is J van U, sowat 14 jaar ouer as my vrou en ons is nou 9 jaar getroud.

My probleme het so ses jaar gelede begin toe ek – ja, uit verveeldheid by die werk – met ’n meisie op Mxit begin chat het.

Dit het seker so vir twee tot drie maande aangehou voordat my vrou bewus geword het van dit.

My vrou het my confront daaroor, waarna ek groot genoeg was om dit aan haar te erken en dit daar en dan net alles gelos het.

Ek was in daardie stadium besig met studies, so ek moes gereeld B toe gaan om exams te gaan skryf. Omdat ek daar moes gaan skryf, het my vrou my verdink dat ek en die girl mekaar daar ontmoet het. Dit is glad nie waar nie.

Berader

Antie, tot daar was my huwelik nog maanskyn en rose, en dis dan ook waar my pad vol duwweltjies geraak het – tot vandag toe nog.

Omdat ek besef het dat ek verkeerd was, het ons saam besluit om ’n berader te gaan sien om ons hierdeur te kry.

Ons is saam deur dit, maar nog elke keer wanneer ons ’n uitval het, gooi sy dit voor my.

Ek het haar al gesê dat ek weet dat dit moeilik is vir haar om my te vergewe, maar as sy nie gaan probeer nie, wat is die punt? Ek is ook nie bereid om my lewe lank daarmee ransom gehou te word nie.

Ek probeer in alles die minste wees net om die vrede te bewaar. Ek sorg vir haar, maar omdat ek dit toelaat, kry sy die idee sy kan my rondsit.

Antie, sy het my al by meer as een geleentheid gesê dat as gevolg van wat gebeur het, voel sy nie meer om aan te gaan nie. Maar sy gaan ook nie weg nie, al is sy die een wat moeg is vir ons huwelik.

Dan moet ek ook net noem ek werk tans up-country en ek kan met alle eerlikheid sê ek het my les geleer en bemoei my glad nie meer met sulke dinge nie.

Inteendeel, ek het my lewe verlede jaar aan die Here gegee, maar selfs dit het nie my vrou tot ander insigte gebring nie.

Ek rook en drink nie, lewe net vir haar en ons kinders en probeer om elke naweek by hulle te wees as die werk dit toelaat. Tot nou toe was dit maar nog net ek wat dinge aan die gang probeer hou.

Sy doen niks van haar kant af om ons huwelik te red nie, behalwe om my te beskuldig.

Ek het nou op die punt gekom waar ek voel ek gaan nie langer meer op my laat trap nie. Ek voel baie jammer vir my kinders, maar ek gaan ook nie in ’n liefdelose huwelik sit ter wille van hulle nie.

Vir hulle part hoop ek tog hulle ma besef dat my lewenswyse ook verander het.

Nou vra ek jou met die grootste liefde: Hoe hanteer ek so ’n saak? J van U, WhatsApp

Moenie ’n fout maak nie. Die liefde het beslis nie uit julle huwelik verdwyn nie.

Deur die miswolke van seer en kwaad, kan of wil jou vrou dit nie raaksien nie.

Sy voel gekwes en haar way om met die seer te deal­, is om voort te gaan om jou te punish.

Elke mens deal anders met hartseer en teleurstellings. Hoewel dit haar manier van cope is, sien sy nie die verdere skade wat sy julle verhouding berokken nie.

Make no mistake, jy was verkeerd, het dit admit en het van jou kant af dinge verander om op te maak vir dit. Nou behoort alles mos reg te verloop, aangesien julle ook al vir berading was, nè?

Wrong. Ongelukkig werk dinge nie so nie.

Trust, sê Antie altyd, is soos ’n spieël. Once die trust gebreek is, sien jy die barste daarin en selfs al glue jy die stukkies aan mekaar vas, sal die glue-strepie altyd as ’n reminder dien van die vertrouensverhouding wat gebreek is.

So, hoe fix julle dit en beweeg vorentoe?

Die absolute en reine waarheid is dat daar nie ’n quick fix of ’n app is wat jy kan download om jou hiermee te help nie.

Dis harde, harde werk. Dit vat soveel effort dat jy nie die lig aan die einde van die tonnel kan sien nie.

Dis sielewroegend, put jou uit en maak dat jy wil tou opgooi.

Maar weet jy wat? Die reward skuil in vasbyt en uithou.

Die reward lê daarin dat jy na jou kinders kyk en hulle vir nou eerste stel.

Ja, daar is jou eie geluk waaraan jy ook moet dink, maar die belange van kinders kom eerste. Altyd.

Dink aan die impak wat ’n egskeiding op hulle gaan hê. Visualiseer ’n pad vorentoe en sien hoe dinge hulle moontlik kan affekteer.

Daar is diegene wat sal argue dat deur in ’n ongelukkige huwelik te bly, die kinders ook geraak word. Maar as julle albei julle kan commit om oor hierdie een hekkie in julle huwelik te kom, sal die kinders fine bly.

Weereens, maklik is dit nie. Daar is nie ’n manual wat gevolg kan word nie, behalwe dat julle julself moet remind aan ’n tyd toe julle halsoorkop verlief was. Gebruik dit as fondament om hierdie storm suksesvol af te weer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters