13 dae gelede
Sy eet 30 jaar al dronkstories
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n groot probleem met die man met wie ek die afgelope 30 jaar saamleef.

Hy is ’n goeie man as hy nugter is, maar as hy dronk is, skel hy my van die liederlikste goed uit wat nie waar is nie.

Ek het al alles probeer, maar niks help nie.

Wat kan ek doen om van hom ontslae te raak? Hy klou soos ’n neet. Gatvol Vrou, WhatsApp

Jô, 30 jaar is darem ’n verskrik­like lang tyd om hierdie man se dronkstories op te eet, Vrou.

Smyt hom uit. Uit jou lewe en uit jou huis.

Selfs nete moet een of ander tyd let go en kan nie vir ewig klou nie.

Sê aan hom dat jy nie meer lus en krag het vir hierdie verhouding van julle nie en dat die tyd aangebreek het dat albei van julle nou julle separate paadjies moet stap.

Jy kan nie geforce word om in hierdie verhouding te bly nie.

Hy sal maar net ’n brug moet bou en oor jou besluit moet kom.

Wil jy dan nog vir die volgende 30 jaar in dieselfde situasie sit?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters