4 maande gelede
Swangerskap van meisie se vriendin pla ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my meisie se vriendin het een aand geseks toe sy weg was op ’n kursus.

Antie, ons het lekker saam gekuier en gedrink, en die een ding het gelei tot die ander.

Ons het nie protection gebruik nie en ’n paar maande later het die girl my laat weet sy is swanger.

Sy het vir my gesê ek hoef glad nie te worry nie – sy wou al lankal ’n kind gehad het.

My meisie weet haar vriendin is met die lyf, maar sy weet nie dat ek die pa is nie.

Ek kan snags nie eens meer slaap nie, so worry ek.

Hierdie meisie het ’n goeie werk. Sy verdien baie meer as ek en het gesê ek hoef nie te worry oor mainte­nance nie.

Maar wat as sy eendag haar mind change? Ek is lief vir my meisie en wil haar nie verloor nie. Bekommerd van V

Jy is lief vir jou meisie? Moenie kom staan en grappe maak nie.

As jy lief was vir jou meisie, sou jy nooit met een van haar vriendinne geslaap het nie. Drank is nie ’n verskoning vir wat julle aangevang het nie.

Die waarheid kom altyd uit. Daai meisie kan maar nou sê sy gaan vir als sorg, maar kinders is ’n duur saak.

En een of ander tyd gaan sy jou kontak vir maintenance.

Wees eerder nóú eerlik met jou meisie voordat tyd dinge net veel moeiliker maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters