4 dae gelede
Suster se berk stuur haar pics van sy move
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met my suster se boyfriend wat vir my pics van sy move stuur.

Antie, dit is ’n baie ongemaklike situasie vir my en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie.

My suster is baie lief vir haar berk en dink hy is die een vir haar.

Die eerste keer toe hy so ’n pic vir my gestuur het, het ek met hom daaroor gepraat.

Hy sê toe sorry en sy verskoning was hy was dronk.

Ek was bereid om dit so te aanvaar, maar dit het dan nou drie ander kere ook gebeur.

Ek wil nie die een wees wat die oorsaak van hulle breakup gaan wees nie, maar ek kan ook nie net stilbly en hom toelaat om met sy dinge voort te gaan nie.

Wat moet ek doen, Antie?

Ek het my eie outjie en stel beslis nie in my suster se ou belang nie. W van D, WhatsApp

Liefie, jy gaan nie die rede vir hulle breakup wees nie.

Sy eie jagsgeid gaan die rede wees hoekom hulle verhouding sal verbrokkel.

En as jy, wat sy meisie se suster is, sulke vieslike pics van hom ontvang, hoeveel ander girls word nie deur sy spulsgeid lastig geval nie?

Jy het hom mos gewaarsku en hy het duidelik nie ore nie.

Dit is tyd dat jy jou suster inlig oor wat agter haar rug aan die gebeur is.

As jou suster met die pics gekonfronteer word, gaan sy die opsie hê om self te besluit of sy steeds dink hierdie ou is dié een.

Maar nou is hy net die jagse een, en dít ten koste van jou suster.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters