18 dae gelede
Suiplap hou sy lyf slip-tyd professor
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY EKS het by my huis opgedaag en ons het toe oor baie goed gepraat.

Dit het vir my gelyk of hy my om vergifnis vra.

Hy het oorgebly en in die agterkamer gaan slaap.

Ek het gesien sy lig brand nog en toe ek gaan kyk, toe sien ek hy lê kaalstert op sy bed.

Ek was so lus dat ek by hom gaan lê het.

Hy het sy tong oor my lyf laat speel. Dit was so lekker, ek het na asem gesnak.

Ek weet dis verkeerd, want hy het ’n vrou met wie hy saamleef. Maar ek kon myself nie help nie, want ek was lus vir ’n stukkie. Eksmeisie, WhatsApp

Dit klink asof hierdie eks van jou meer as vergifnis gesoek het – en dit gekry het.

Dis diep, diep koud deesdae en Antie kan nie anders as om te wonder wat die man makeer dat hy so kaalgat lê nie. Tensy hy natuurlik geweet het jy gaan soos ’n katoolse mot na die lig toe kom.

Wat jy mos ook toe gedoen het.

Weet net: Jy is hierdie man se lekkergoedwinkel. Niks meer as net dit nie.

Hy is terug na die vrou by wie hy bly nadat hy net by jou kom tenk leegmaak het.

Dis jou eie saak as jy verlore gaan, want hierdie man misbruik jou net.

Come to think of it: Julle gebruik mekaar.

Liewe Antie Mona

ONLANGS het ’n vrou gekla oor haar man wat so die geldsake wil domineer.

Ek sit in dieselfde bootjie. Ek en my man is al sewe jaar getroud, maar hy maak asof ek nog ’n kind is wanneer dit by ons geldsake kom.

Ek gaan weinig alleen winkels toe. As ek wel gaan, moet ek slippies bring van elke liewe ding wat ek gekoop het. Hy gaan dan soos ’n watse professor deur die slippies en dan moet ek hoor ek weet nie hoe om met sy geld te shop nie.

Ek werk ook, maar hy laat my altyd voel asof my geld nie ’n verskil maak nie.

Hy verdien nou wel meer as ek, maar nadat hy al die skuld betaal het, is dit my salaris wat ons deur die maand dra.

Dit is ook my geld wat dan naweke vir hom drank moet koop.

Maar sodra die man ’n dop in het, dan moet ek hoor hoe f*kk*l werd ek en my geld is.

Wanneer hy later kom lê, moet ek egter my bene oopmaak vir hom.

Ek is nou al so dik vir sy dinge. Daar is dae dat ek diep spyt is dat ek met dié man getrou het.

My ouers het my destyds gewaarsku, maar ek wou mos nie toe hoor nie.

Die skille van verliefdheid is nou van my oë af en ek kan hom nou sien vir die inhalige en ongevoelige mens wat hy werklik is.

Daar is iemand by die werk wat nie soos my man is nie. Sy vrou is nou al twee jaar dood.

Ek en hierdie man gesels baie lekker. Hy is saggeaard en hy neem my gevoelens in ag.

Ek is besig om gevoelens vir hierdie man te ontwikkel, Antie.

Dit voel vir my of hierdie man my beter sal behandel as wat my eie man doen.

Hy het nog nie ’n move gemaak nie, maar ek moet eerlik wees en sê dat ek glad nie sal mind as hy ’n move maak nie.

Ek word dan nie by my eie huis gewaardeer nie. – Ongelukkige Vrou, WhatsApp

Die antwoorde op jou probleme lê ongelukkig nie oorkant die fence waar die weiveld so lekker groen lyk nie.

Daai gras is óf ’n fopvertensie óf oorlat ons nou so lekker reën gehad het.

Jou man maak nie mooi nie, Antie stem saam.

’n Huwelik is ’n partnership waar albei mekaar moet waardeer, respekteer en bystaan.

Dis tyd dat jy jou man sitmaak en hom mooi vertel oor hoe sy optrede en woorde jou gevoelens seermaak.

Laat hom sien julle kan baie meer bereik as daar meer consideration en appreciation is vir wat albei van julle na die tafel toe bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters