2 maande gelede
Suinige outjie vat my nooit êrens heen nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L en my outjie is A, en ons is nou al ’n jaar en drie maande saam.

In dié tyd dat ons saam is, het hy my nog nooit uitgevat nie.

Hy bly suinig. Ek werk nie op die oomblik nie, maar toe ons ontmoet het, het ek ’n werk gehad.

Hy gee ook nie sommer vir my geld nie. L, WhatsApp

Bederf kan maar ’n swaar storie vir sommige mans weens, so asof ’n bederf-sessie ’n hele paar kilogram kan weeg.

Maar daar kan ook ander faktore wees wat dinge bemoeilik, soos die feit dat sy een salaris julle huishouding aan die gang moet hou.

Ja, liefie, Antie weet bederf hoef nie ’n duur affêre te wees nie, maar ek weet nie hoe sy geldsake werk nie.

Dalk sukkel hy maar net om sy draai te kry om alles te betaal. Maar as hy byvoorbeeld drank het om vriende mee te entertain, is dit natuurlik ’n ander storie.

Die beste advies wat Antie jou kan gee, is om maar uit te kyk vir ’n werk van jou eie sodat dit nie vir jou kan voel asof hy jou met sy geld vermaak nie.

Liewe Antie Mona

DIE student wat haar baba wil laat aanneem, moet dit ernstig heroorweeg, want sy gaan nooit weer haar kind terugkry nie.

Sy gaan die res van haar lewe spyt wees oor die besluit.

Ek kan reël dat ek en my vrou na haar kind kyk totdat sy eendag klaar gestudeer het.

Dan kan sy haar kind weer by ons kom haal.

Sy kan ook die kind op haar van registreer. Ek dink maar net dit is ’n beter opsie, want ons is Christene. My nommer is... Samaritaan, WhatsApp

En dis maar vir eers hier waar Antie die lorrie gaan park.

Dit is ’n verskriklike mooi gebaar van julle – een wat ek seker is hierdie meisie sal consider. Aan die einde van die dag is sy ál een wat hieroor kan besluit.

Wees egter verseker dat Antie reeds jou kontakbesonderhede aan haar gestuur het.

Hopelik tree sy binnekort met julle in verbinding.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters