8 maande gelede
Stil boyfriend ry nou snags met kondome rond
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my boyfriend gaan nou al vier jaar uit.

Ek het ’n kind gekry voordat ons ontmoet het en ons het nou ’n baba saam.

Antie, ek drink of rook nie en sit maar by die huis en loop kerk.

My ou het gaan ouers vra en sou met my trou. Ons woon nou saam en hy praat net niks meer van trou nie. Hy drink nou en kom laat in die huis. Hy bly selfs ook dae van die huis af weg.

Hy is ’n baie stil man, maar ek het agtergekom hy ry nou met kondome rond in sy kar, veral as hy so laat huis toe kom.

Sy ma wil net niks weet van haar seun nie. Ek kan dit nie meer vat nie en ek is lief vir hom. Ons het nie eens meer seks nie ... – via WhatsApp

As julle nie meer seks het nie en hy ry met kondome rond, dan beteken dit ongelukkig dat hy sy rug iewers anders leegmaak, liefie.

Hierdie man mag dalk stil van geaardheid wees, maar hy is eintlik stil skelm. Hy dink niks van jou en jul kind nie.

Is dit die moeite werd om jou liefde te waste op iemand wat nie dieselfde voel nie?

My hart bloei vir jou en hierdie drama wat jy nou moet deurmaak.

Maar jy moet ’n punt bereik waar jy vir ’n slag aan jou en die kinders dink. Julle verdien beter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters