18 dae gelede
Steeds nie gelukkige einde vir twee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS S van W, 36 jaar oud en getroud, maar ons is van bed en tafel geskei.

Antie, ek is lief vir my man en ons het vier en ’n half jaar lank nie met mekaar geworry nie. Ons het weer bevriend geraak toe ons kind siek was.

Ek het weer op hom verlief geraak. Ná ses maande het ek weer teruggetrek na hom, maar ek het die gevoel gekry dinge is nog nie lekker tussen ons nie.

Sy ander kinders se ma was steeds in die prentjie.

Dis hoekom ek hom in die eerste plek gelos het, want hy het my baie verneuk. Ek voel dinge tussen ons is nie op die regte manier uitgesort om ons ’n regte kans te gee nie.

Maar nou wil hy my nie vergewe nie en dreig om ons kinders uit my lewe te vat. – S van W, Whats­App

Antie kry die idee jy het nie alles breedvoerig in jou Whats­App verduidelik nie.

Veral nie die gedeelte oor hoekom hy jou nie kan vergewe nie as hy dan die een is wat jou verneuk het en kinders by ’n ander vrou het. Of was daar ook iemand in jou lewe in die tyd dat jy en jou man uitmekaar was?

Kan dit die rede wees hoekom hy jou nie kan vergewe nie? Maar in die meantime is sy owerspel sigbaar vir almal om te sien in die vorm van die kinders wat hy by die ander vrou het?

Hierdie man kan nie jou kinders van jou af weghou nie.

As ma het jy regte wat deur ’n hof bevestig kan word. Wil hy dan nou sê ná al die jare dat hy afwesig was en jy alleen na die kinders moes kyk, jy ewe skielik onbevoeg is?

As hy nie committed is om aan die issues in julle huwelik te werk nie, is dit sy probleem.

Maar die kinders kan nie as ’n spite tool gebruik word nie. Die hof sal jou kant ook insien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters