12 dae gelede
Spyt oor man kid jare later steeds nie aanvaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net ’n bietjie raad gee vir vroue met kinders daar buite.

As jy uitgaan met ’n man wat net vir jou wil hê, los hom dadelik.

Hy sal jou nooit met jou kinders en ál aanvaar nie.

Ek is met so ’n man getroud toe my kind ses jaar oud was.

Ná tien jaar hou hy nie meer van my kind nie. Alles wat my kind doen, is in sy oë verkeerd.

My kind is vandag ’n man van 30 jaar oud, maar hy mag nie sy vriende huis toe bring nie.

Sy girlfriend kan net in die dag met haar kinders daar kom.

Mans wil by jou as vrou wees, nie by jou kinders nie. Los hulle as hulle nou al so is met jou kinders.

Daar sal eendag ’n regte man op jou pad kom.

Bid en vra die Here vir die regte man. Wag geduldig.

Ná 25 jaar is ek vandag baie spyt. Diep Spyt, WhatsApp

Antie hoop van harte baie van ons Evas neem jou ex­perience ter harte.

Daar is in vandag se tyd steeds baie juwele van manne daar buite.

Hulle aanvaar ’n vrou met kind en ál, en het daai kind for life as hulle eie lief en maak hulle ook so groot.

Ongelukkig is daar ook mans soos jou man vir wie daar uitgekyk behoort te word.

Spyt hoef mos nie altyd te laat te kom nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters