4 maande gelede
Spyt kom te laat vir ou wat girl en kids uitgooi
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HOE kan ek my girlfriend terugwen? Ek het haar met haar kinders en al uitgesit. Spyt, WhatsApp

Ongelukkig brei jy glad nie uit oor wat aanleiding gegee het tot jou besluit om hulle uit te sit nie.

En soos wat die mense mos maar altyd sê, kom spyt altyd te laat.

Liefie, al wat gaan help, is as jy jou trots in jou sak steek, sak in jou skuld en verskoning vra.

Dan moet jy maar hoop sy aanvaar jou verskoning en besluit om jou te vergewe.

Wanneer probleme in ’n verhouding opduik, kan jy nie sommer net eviction-gedagtes kry nie. Dit los nie die probleem op nie, soos wat jy nou agtergekom het.

Antie reken egter dat dit nie so maklik sal wees om haar te oortuig dat jy jou besluit berou nie.

Dis nie net dat jy julle verhouding beëindig het nie, maar jy het haar met kinders en al op straat gegooi.

Vir die majority van goeie ma’s daar buite is haar kinders ’n prioriteit. As sy klaar gesien het hoe min jy van haar kinders dink, gaan dit omtrent ’n mission wees om haar te oortuig dat jy nog ’n kans verdien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters