9 dae gelede
Spyt kom te laat vir moeilike dronk ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS W van S, ek is al in die 30 en is saam met iemand ouer as ek.

Sy is ’n wonderlike vrou en altyd netjies. My ma weet van ons twee en het geen probleem daarmee nie.

Ek drink en sy ook, maar ek vat te veel drank, dan is ek moeilik.

Antie, ons het ’n paar woorde gehad en nou antwoord sy nie my calls nie.

Haar phone is ook heeltyd af. Ek het by ’n vriendin van haar gehoor sy het haar nommer verander.

Antie, hoe maak ek nou? Ek val in my skuld en wil haar nie verloor nie.

Gee vir my raad, asseblief. – W van S, WhatsApp

Kan jy nou sien hoe drank jou goud laat verloor?

Hierdie kon nie net “ ’n paar woorde” gewees het nie, want sy het dan so ver gegaan om haar selfoonnommer te verander sodat jy nie enige kontak met haar kan hê nie.

So, wat jy gesê het, moes haar diep, diep seergemaak het.

En soos jy weet, kan woorde wat uitgespreek is, nie rewind word nie.

Antie hoef nie vir jou te sê dat hierdie meisie diep die dinges in vir jou is nie. Haar optrede spreek daarvan.

Jy sal regtig met ’n miracle vorendag moet kom om haar te oortuig om jou nog ’n kans te gee.

’n Goeie start sal wees om maar die drank te los. Dis duidelik jou baas as jy te veel voggies in het.

’n Man wat moeilik is as hy dronk is, is op g’n vrou se Valentine’s Day wish list nie.

Kry jou gat in rat. Moenie net in jou skuld val nie, wys haar dat jy jammer is en ’n change kan maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters