10 maande gelede
‘Spontane’ vroutjie is deesdae ’n lyk in bed
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

BAIEMAAL moet ’n mens hoor mans mors rond oor hulle net sleg wil wees.
Maar, Antie, baiekeer is dit heeltemal die opposite.

Ek en my vrou is ses jaar getroud en ons het al twee goeie werk.

Ons het drie kinders en ek is baie lief vir my kids.

My vrou was ’n baie spontane mens toe ons op varsity ontmoet het. Ons kon oor alles praat en wat fun betref, het ons al wat mal is, gedoen.

Selfs toe ons getrou het, was alles hunky-dory. Tot ná ons tweede kind se geboorte.

Ewe skielik was sy hierdie koue mens in die bed. Ons sekslewe het eenvoudig net agteruit gegaan.

Waar ons gewoonlik 3, 4 keer ’n week liefde gemaak het, was dit ewe skielik een keer ’n week.

Ek wil nie snaaks wees nie, maar ek het die feeling begin kry dat sy my amper van ’n to-do-lysie aftick. Een van die chores wat sy in en om die huis moet doen.

Dit frustreer my baie, want soms wonder ek of ek nie met my suster getroud is nie.

Worry

Ons gaan barely alleen meer uit. En dit is nie asof ons dit nie kan afford nie.

As ons wel uitgaan, praat ons die hele tyd oor die kinders en ons is nog nie eens lank van die huis af weg nie, dan begin sy worry oor die kinders.

Dan moet ons maar huis toe gaan. Ek doen my deel rondom die huis. Ek kan kook, doen die dishes en probeer, waar ek kan, dinge by die huis vir haar makliker maak.

Sy, aan die ander kant, wil net slaap as sy uit die werk uit kom. Ek het dinge probeer opspice, Antie.

Ek het vir haar sexy onderklere gekry en stel gereeld sex styles voor wat ons moet probeer.

Met elke voorstel van my is haar entoesiasme soos dié van ’n klip. En dan lê sy ook net daar. Wil altyd op haar rug wees.

Ek is nie ’n klein meneer nie, as Antie weet wat ek bedoel. Maar dit voel soms asof ek ’n lyk seks.

As ek klaar is, dan staan sy net op en gaan badkamer toe. As sy terugkom, dan kom snork sy.

Ek is lief vir my vrou.

Ek is lief vir my kinders en respekteer my huwelik.

Maar my vrou is besig om my te verveel.

Ons het al eenkeer hieroor gestry, toe sê sy ek is siek omdat ek gereeld seks met haar wil hê en veel meer as net op-die-rug-lê-seks wil hê.

Wat is so siek daaraan om met die vrou vir wie ek lief is, liefde te maak?

Hierdie storie frustreer my baie. Ek dink nie daaraan om op my vrou te cheat nie, maar ek kan nie anders nie as om te dink dat ons darem nog veels te jonk is om só ’n vervelige sekslewe te hê.

Dink Antie dit is verkeerd van my om só te voel? Desperaat, via e-pos

Antie dink nie daar skort enigiets met die way hoe jy tans voel nie. Inteendeel, ek dink dit is heel normaal vir jou om so te voel.

Jy sien, Antie kry veels te gereeld briewe soos joune.

Daar is baie mans daar buite wat kla dat sodra die trouring aan die vinger is en die kinders daar is, vroue nie meer hulle kant in die slaapkamer wil bring nie.

Daar is natuurlik heelwat redes wat hiervoor gegee kan word. Baie van dié redes kan medies van aard wees.

Maar dié mediese redes kan uitgesort wees as sulke vroue net wil erken dat iets skort en mediese behandeling hiervoor soek. Antie dink dit het daarmee te make dat baie vroue eenvoudig net nie meer hulle deel in die slaapkamer wil doen nie.

Seks is nie alles in ’n huwelik nie, maar tog ’n integrale deel van ’n gesonde, gelukkige marriage.

Baiemaal worry ons wat die Evageslag is, so oor al die take van die huis, dat ons vergeet van die eerste een wat van die begin af saam met ons is: ons mans.

As daar ’n dip in jou vrou se seks-drive is, moedig haar aan om ’n dokter te gaan sien en seker te maak dat iets fisiologies nie skort nie.

Andersins hoop Antie jy kan tot haar deurdring en haar convince dat sy en die “sagte tye” van julle huwelik iets is waaroor jy graag wil hê julle dieselfde entoesiasme moet deel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters