2 maande gelede
Sluk jou woede, gaan na jou sterwende pa
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net my ondervinding deel met die man wat nie sy pa ’n kans wil gee om daardie vaderlike bond te bou nie.

My ma en pa is ook uitmekaar toe ek 10 jaar oud was.

My ma het ons span ook alleen grootgemaak met haar karige salaris as ’n arbeider, maar sy het ons almal laat skoolgaan en haar afgesloof vir haar kinders.

In 1980 toe kry ons ’n oproep om te sê my pa is baie siek en verlang dat ons hom moet kom besoek.

Ek het verskonings gehad om nie te gaan nie, hoewel ek al my eie kar gehad het.

My jonger broer, my pa se oogappel, het baie gegaan. Tot die dag van my pa se afsterwe het ek nooit gegaan nie. Ek het nie eens na sy funeral toe gegaan nie.

Lang storie kort gemaak, hoe ouer ek geraak het, hoe meer het die verwyt aan my begin vreet, want ek was in ’n posisie om sy verlange te vervul.

Maar ek het nie, en ek is tot vandag baie spyt. Ek wil net vir die jong man sê: Asseblief, maak die laaste tyd wat hy het gemaklik.

Jy het niks om te verloor nie, anders gaan jy dit berou soos die jare aangaan. – JC, WhatsApp

Antie hoop die jong man wat juis nou met dié issue worstel, leer iets uit jou brief.

Antie verstaan sy woede teenoor ’n pa wat hom net so gedrop het, maar aan die einde van die dag sit hy met ’n woede én ’n skuld­gevoel wat hom kan verteer.

Kyk na jou, wat nou ever spyt is jy het nie maar destyds gegaan om jou pa te sien nie.

Kom ons hoop maar dié jong man sien die groter prentjie, leer uit jou ervaring en besluit om die beter mens te wees.

Dit bly egter sy besluit – een waarmee hy vir die res van sy lewe sal moet saamleef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters