11 dae gelede
Sleggat-pa werk glad nie vir ons drie kids
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kinders se pa is al sewe jaar saam, maar hy raak net erger by die dag.

Antie, ons bly saam in ’n wendy agter in my ma se jaart en het drie kinders.

Hy is 29 en ek is 27 jaar oud. Vandat ek kan onthou, het hy nog nooit vir sy kinders gewerk nie.

Hy gaan vroeg elke dag uit soos iemand wat werk toe gaan, maar gaan dan net na sy vriende toe.

Daar sit hy heeldag en rook okkapyp. Ek moet dan rondskarrel vir iets om te eet vir die kinders.

Hy maak eenvoudig nie moeite nie. Ek werk ook nie, maar char so nou en dan by iemand se huis af in die straat waar ons bly.

Dan moet ek maar vir die kinders koop wat ek kan. My kinders se pa beur dan ook geld uit om vir hom ganja te gaan koop.

Hy het altyd geld vir dagga, maar sal nooit een dag sê daar is ’n brood se geld nie.

Ek is moedeloos en weet nie meer wat om te doen nie. My ma-hulle is ook maar net pensioenarisse wat Sassa-geld kry en kan ons nie elke dag kos gee nie.

Wat moet ek maak? – Moedeloos, WhatsApp

Liefie, moedeloosheid gaan jou niks in die sak bring nie.

Julle sal ’n plan moet maak, want op jou ouers se nek kan julle nie wil lê nie.

Hulle is oud en het hulle plig gedoen om jou groot te maak. Daar kan nie van hulle verwag word om nog jou kinders ook groot te maak nie. Dis glad nie fair nie.

Jou kinders se pa sal moet uitkruip en aan ’n werk moet kom. As hy vroeg kan opstaan om okkapyp-goeters te gaan rook, kan hy mos ’n werk ook gaan soek.

Is dagga en vriende dan belangriker as sy kinders?

Werk is skaars, maar dis darem nie onmoontlik om ’n werkie in die hande te kry om die pot aan die kook te hou nie.

’n Werk gaan anyway nie na julle albei aangestap kom en op julle skote kom spring nie.

Julle het ’n responsibility teenoor julle kinders.

Dis tyd dat julle hierdie verantwoordelikhede nakom, want dis nie reg dat kinders so moet suffer nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters