15 dae gelede
Sleg jong wil nie sy dinge laat staan nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is al 15 jaar getroud, maar hy wil net nie sy slegtigheid laat staan nie.

Hy het al twee kinders buite ons huwelik gemaak en ek vergewe hom elke keer, want ek dink aan ons kinders.

Dis nou lockdown, maar hy is steeds nie die hele tyd by die huis nie, want hy gaan kuier by ’n ander meisie wat saam in die factory met hom gewerk het. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Ek was al by hierdie meisie-hulle se huis, maar sy wil nie haar sleg dinge laat staan nie.

Sy skaam haar nie eens om in sy kar rond te ry nie. – Moedelose Vrou, WhatsApp

Vrou, jy verlaag jou nie weer deur in die openbaar te wil skel en baklei en dit oor ’n sleg jong nie.

Dis duidelik dat hulle albei presies net ewe sleg is. Die een is so guilty soos die ander en hulle verdien mekaar.

Dis tyd dat jy jou en die kinders se happiness jou grootste prioriteit maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters