15 dae gelede
Skuldgevoel ná sy met man se tjommie vry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET iets gedoen en weet nie hoe om my man hiervan te vertel nie.

Ons was verlede maand by die huis van vriende waar ons lekker gepaartie het.

Terwyl my man getiep het, het ek met een van sy vriende gevry.

Niemand weet hiervan nie, want ons twee het gaan rook.

Die ander by die paartie was nie rokers nie.

Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, want die een oomblik het ons nog lekker gat gemaak, en die ander oomblik was ek in sy arms.

Ek het wel ’n hele paar drankies ingehad, maar ek weet dis nie ’n verskoning nie.

Gelukkig kon ek dinge stop voordat dit te ver gegaan het.

Maar nou voel ek só skuldig.

Gisteraand het my man my ’n stywe drukkie gegee en gesê hy is baie lief vir my.Spyt Vrou, WhatsApp

Jy is absoluut reg: Drank is nie ’n verskoning nie.

Cheat is cheat, sal baie mense nou vinnig wees om vir jou te vertel.

Met jou gewete wat jou ook nou aankla, is slegs jy die een wat weet wat jou nou te doen staan.

Sommige sal dit afmaak as net ’n vry en dat dit nie so erg is soos om seks met ’n ander man te hê nie. Jy is egter getroud en hierdie tipe gebeure hoort in g’n getroude lewe nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters