2 maande gelede
Skoonma reken sy respect nie man se memory
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN het twee jaar gelede on­verwags gesterf.

Dit was ’n skok vir ons almal, want hy was jonk, fris en gesond en het nooit gekla oor sy gesondheid nie.

Antie, dit was baie swaar vir my, wat ons kind ewe skielik op my eie moes grootmaak.

Dit was nie maklik nie, maar met die support van my familie en skoonfamilie gaan dinge beter.

Ek het deesdae selfs geleenthede om ’n bietjie op my eie uit te gaan, want iemand is altyd bereid om te babysit.

Dit is op een van my outings dat ek R ontmoet het.

Ons het van die begin af gekliek toe ons in ’n eetplek langs mekaar gesit het.

Toe ek daarna weer mall toe is, het ons mekaar weer raak­geloop.

Dit was asof ons mekaar al lank ken toe ons mekaar groet en sommer aan die gesels geraak het.

Ek het nie twee keer gedink om my nommer vir hom te gee toe hy daarvoor vra nie.

Ons het op WhatsApp begin chat en hy was heel ordentlik; ’n gentleman.

Ons het planne gemaak om mekaar weer te sien, maar my skoonma het op een of ander manier daarvan uitgevind.

Antie, sy het my kom invlieg en uitgeskel dat ek geen respek vir haar seun se memory het nie.

Ek het so sleg gevoel, want dit was die laaste ding wat ek van haar verwag het. Ek het R toe nie weer gekontak nie.

Hy het my op WhatsApp gevra wat aangaan, maar ek kan myself net nie sover kry om te verduidelik nie.

Antie, my skoonma praat nou nie meer met my soos altyd nie.

Daar is ’n berg tussen ons en ek weet nie hoe om dinge te fix nie. – Snowy

Liefie, jy hoef dinge nie te fix nie, want jy het niks gebreek nie.

’n Mens kom nie regtig oor die dood van ’n geliefde nie; die seer bly maar altyd daar.

Maar ten spyte van die pyn is daar ook die pynlike reality dat die lewe voortgaan.

Ongelukkig het julle “till death do us part” baie vroeër aangebreek. Daar is ook nie ’n vasgestelde time frame vir hoe lank ’n mens rou nie.

Antie wens net jou skoonma besef jy is nog hier op aarde en dat wanneer liefde weer aan jou deur klop, jy die reg het om daai deur oop te maak as jy wil.

Moenie R in die donker laat rondtas vir antwoorde nie, want jy skuld hom ’n verduideliking.

Wie weet, as hy weet wat klap vir wat, kan julle maybe saam iets uitwerk. Sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters