Verlede maand
Skoonma ’n spons wat ’n stop short
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY SKOONMA het ’n Ben 10 wat meer aan by my wil wees.

Sy het twee groot kinders wat vir haar werk, maar sy koop nie haar eie kos nie.

Sy seks voor haar kinders en worry van niks en niemand nie.

Wat moet ek maak, Antie? Ek moet van my pay kos koop vir hulle huis. My ma wil my nou al uitsit daaroor.

Ek kry nie eens meer lus vir seks met my boyfriend nie, want sy ma maak my bang.

Sy bly my bel en vra: “Wat eet ons vandag, my kind?”

Ek kan nie meer dié k*k vat nie. Ek doen wat sy my vra, want ek kry my boyfriend jammer.

Ek het nie meer krag vir hierdie drama nie. Dit breek my hart om te sien hoe my boyfriend onder haar swaarkry. – Moedeloos, WhatsApp

Hierdie sogenaamde skoonma buit jou net uit. Dit is tyd dat sy dit realise en ’n stopteken reg voor haar huis plant.

Hoekom trek jou boyfriend dan nie net uit nie? Julle is mos almal al mooi groot. Dan nie?

Dit is nie so moeilik om vir iemand nee te sê nie. Dit kos net oefen.

Oefen ’n slag op jou “skoonma” en besef dat hierdie mense se issues nie joune is nie.

Hou op om jouself in te doen vir mense wat supposed is om vir hulleself te sorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters