2 maande gelede
Skoonma krap ons geldsake deurmekaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY NAAM is K, ek is 28 jaar oud en is nou ’n jaar en ’n paar maande getroud.

My man werk en pay weekly.

Hy sorg nog altyd vir sy ma of hy maak skuld agter my rug.

Ons bly agter in die jaart by sy ma-hulle.

Gee raad, asseblief. via Whats­App

Oe, geldsake kan baie mense se bors warm maak.

En in jou situation, waar jy nog by jou skoonmense woon, kan dit dinge baie tense maak.

As ’n egpaar behoort julle saam finansiële besluite te neem en moenie agter mekaar se rug konkel en plannetjies maak nie.

Jy gaan groot teenkanting kry as jy sou voorstel dat hy nie meer vir sy ma geld gee nie.

Hy gee dit dalk vir haar vir rent. Julle bly immers op haar jaart en kan tog nie expect om verniet daar te bly nie.

As jy nie hêppie is nie, sal dit dalk beter wees as julle ’n plek van julle eie kry.

Die lewe is duur en julle kan dit dalk nie afford nie, maar dit is ál manier hoe julle saam ’n finansiële paadjie kan stap.

Ek hoop darem jy bring ook iets na die geldelike tafel?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters