12 dae gelede
Skelmpie het nou visier op een van haar besties
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B van PE en twee jaar gelede het ek ’n ou op universiteit ontmoet.

Ons het in die social media begin praat. Nie lank daarna nie het ons ’n eerste meeting gereël.

Ek het van hom begin hou, maar Antie sien, die ding is, ek was in ’n verhouding.

Ons het voortgegaan met die ontmoeting en ons het gevry.

Ek het toe uitgevind dat hy ook in ’n verhouding is.

Al was ons albei in verhoudings, het ons steeds aangehou om mekaar te ontmoet.

Niemand het van ons geweet nie, Antie, en ons het toe saam geslaap.

Ek het sterk gevoelens vir hom gehad, maar hy wou niks meer as vriende wees nie en ek het dit aanvaar.

By ons laaste ontmoeting twee maande gelede het ons weer saam geslaap, maar ek het besluit om dit te beëindig.

Ons praat nou nie meer nie, en my ou het nog steeds nie uitgevind nie.

Antie sien, die ding is, ek het uitgevind dat die ander ou nou saam met een van my vriende praat. Ek vermoed dat my vriendin baie van hom hou en dat daar ’n kans is dat hulle kan date.

Ek worstel met die besluit of ek haar moet sê voordat sy self uitvind – of moet ek maar slapende honde laat slaap?

Ek het geen gevoelens vir hom nie, maar sy is een van my closest vriende en ons gaan een of ander tyd saam kuier.

Hoe gaan ek hom weer in die oë kyk en hoe gaan ek my vriendin in die oë kyk?

Ek soek nie enige drama nie, Antie, en ek sal nie enige iets doen om hul verhouding te sabotage nie.

Ek is gelukkig saam met my ou. B van PE, WhatsApp

So, is hierdie squeeze van jou dan nie meer in ’n verhouding nie?

Kan dit wees dat hy op die punt staan om net jou vriendin ook in te trek vir casual seks?

Kyk, liefie, kom ons wees eerlik: Dit was nie mooi van jou om jou boyfriend so te verneuk nie.

Ek kry die gevoel as hierdie ou bereid was om in ’n verhouding met jou te gaan, sou jy nie twee keer gedink het om jou outjie af te sê nie.

Jy is nou weer happy met jou boyfriend, want hy is Meneer Dependable wat jou nie gaan drop nadat hy by jou seks gekry het nie.

Dus het jy jou les geleer en besef dat hierdie ou anyway net agter een ding aan was.

Kyk, ’n maklike besluit is dit nie vir jou nie, want vertel jy jou bestie van wat jy weet, gaan jou geheim uit wees. En as dinge iewers op ’n kol suur begin trek tusen jou en hierdie bestie, is die kanse groot dat jou geheim aan jou outjie uitgeblaker gaan word.

Antie neem aan jy is ten volle bewus van die implications wat dit dan op jou verhouding sal hê.

So, hoe nou gemaak? Daar is ’n groot kans dat jy nie jou vriendin én jou verhouding sal kan red nie.

Voorwaar ’n tameletjie, nè?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters