2 maande gelede
Sexy skoonma maak getroude ou baie lus
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK DINK nie daar is enige ander man daar buite wat al so ’n lekker experience soos ek gehad het nie.

Antie sien, ek is al ’n hele paar jaar getroud en het ’n lekker, sexy skoonma. Haar man is effe aan die vakerige kant en wil meer gaan slaap of ’n boek lees as om saam met ons te kuier.

Vroeg in die jaar was ek met verlof toe my skoonma hier aankom en vra of sy haar wasgoed by ons kan was, want haar was­masjien is stukkend.

En natuurlik het ek ja gesê, want ek kan mos nie my vrou se ma weier nie.

Ek het my in die huis besig gehou terwyl Skoonma met haar laundry besig was. Toe ek later uitgaan om ’n rokie te gaan vat, het ek opgemerk dat haar onderklere al op die wasgoedlyn hang. Sulke fyn goedjies met ’n dun streep wat deur die naat trek.

Voël

Ek moet erken ek het lekker styf geraak terwyl ek na die onderklere geloer het. My vrou dra nie sulke stoute goed nie. Die onderklere wat sy dra, laat my baiekeer wonder of ek dalk met ’n non getrou het.

Anyway, ek staan nog so en bewonder Skoonma se fyn goedjies, toe maak sy agter my keel skoon.

Sy wou toe weet of ek likes wat ek sien. Ek het eers ’n bietjie ongemaklik gevoel, maar toe erken dat dit nogal goete is wat enige voël sal laat opstaan. Antie, sy raak toe hartseer en sê nie enige voël nie, want Skoonpa s’n wil niks meer verstaan nie.

Sy sê toe niemand kom by die vrug wat in hierdie fyn ondergoed gebêre word nie en dat sy al so lus is. Ek wou op daardie moment bars van jagsgeid. En toe gryp sy my voor aan die broek.

Ek het dit nie verwag nie, maar was ook nie kwaad nie.

Sy vryf toe my broek en sê sy sal my ry dat ek skree. Op daardie oomblik lui my foon en dis my vrou wat wil weet of ek haar ma se boodskap van die stukkende wasmasjien gekry het.

Dit was ook maar goed my vrou het daardie oomblik gebel, want met die spulse mood waarin ek was, was ek daai oomblik gereed om my skoonma stukkend te steek.

Niks het daardie dag gebeur nie, maar ek kan nie ophou dink aan daardie oomblik nie. Ek weet Skoonma sal as ek wil. Ek sien met watter spulse oë sy na my loer wanneer hulle kom kuier.

Maar ek weet nie wat fout met my is nie. Ek kan myself nie sover kry om ’n move te maak nie.

My skoonma is iemand wat enige man – getroud of ongetroud – bed toe sal wil sleep, maar iets hou my terug.

Tog raak ek elke keer styf as ek aan daardie dag en oomblik dink. Skort daar iets met my? – Spulse Skoonseun, e-pos

Antie kan dít vir jou sê: Ek is bly daar “skort” iets met jou.

En, nee, dis darem nie iets wat jou dood gaan veroorsaak nie. Wat jy tans experience, is jou gewete wat jou tot verantwoording roep.

Jy wéét om met jou skoonma te slaap gaan nie reg wees nie.

Antie is darem nie so diep uit die oude doos dat sy nie besef daar is baie mans daar buite wat oor hulle skoonma fantaseer nie.

Maar in baie sulke gevalle bly dit net by ’n fantasie en niks gebeur wat hulle huwelik kan deurmekaar krap nie.

En jy sal nou mooi moet besef dit moet liewer ’n fantasie bly. Anders as ander se fantasieë, het joune al ’n mate van reality weg deurdat daar reeds ’n voorvel-voor-voel-voorval met jou skoonma was.

Dit is iets wat in die eerste plek nooit moes gebeur het nie. En die geleentheid vir nog so ’n versoeking moet tot elke prys vermy word. Moenie in die versoeking beland nie. Dis nou as jy jou vrou liefhet en jou huwelik respekteer.

Daar is meer as genoeg produkte op die mark wat jou skoonma vir haar man kan kry.

En jy … jy kan mos self vir jou vrou sulke stoute onderklere koop as die goedjies wat sy dra jou nie genoeg prikkel nie.

Antie glo nie daar het iets met jou skoonma se wasmasjien geskort nie. Dit klink na ’n poging van ’n belustige ou vrou wat nie eens haar eie dogter consider nie.

Antie gee nie om hóé sexy jou skoonma nog lyk nie. Sy het ’n k*k styl. As jy jou vrou liefhet, sal jy sorg dat jy en dié ou Delila nooit weer alleen saam is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters