2 maande gelede
Seuns in 20s wil nie werk nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK VRA nie baie nie.

Net om deur my kinders gerespekteer te word.

Antie, ek het twee seuns wat albei in hulle 20’s is, maar nie wil werk nie.

Ek het my hande stompies gewerk­ om hulle goeie skool­opleiding te gee.

Maar ná skool wou nie een van hulle verder studeer nie.

Hulle slaap elke dag tot die son uit hulle gatte skyn en as hulle wel besluit om op te staan, eet hulle als in die huis op.

Hulle pa is al jare gelede oorlede en ek is ’n enkelouer.

Ek het hulle swaar grootgemaak, Antie, en ek dink nie dis fair dat ek nou steeds vir hulle moet sorg nie.  Moë Ma, WhatsApp

A nee, a! Hierdie is niks anders as die uitbuiting van ouerliefde nie.

Vrou, jou kinders is oud genoeg om op hulle eie voete te staan.

Jy het die beste wat jy kon vir hulle gegee.

Hulle responsibility is om dit waarmee jy hulle equip het, in te span om hulle eie padjies in die lewe oop te trap.

Laat hierdie die laaste jaar wees wat hulle jou so kasty.

Maak Januarie 2019 die tyd wat jy bietjie tough love gaan begin toepas en gaan insist dat hulle iets anders doen as om hulle lewe om te slaap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters