Verlede maand
Seks met my skelmpie is so super-fantasies
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS ’n kerksuster in B in PE. Hier by ons in die kerk is ’n suster wat van haar huis ’n hoerhuis maak.

Haar seun (21) bly met ’n getroude vrou. Die kids bly by hulle pa.

Ons as grootmense in die kerk kan nie sulke dinge ondersteun nie. Wat leer ons onse kinders wat die Bybel ons leer? Watse groot vrou laat sulke dinge toe?

As die priesters haar nie inroep nie, noem ek haar naam volgende keer.

Aan die pa van daai kids: Wees sterk, jong man. Ek haal my hoed af vir jou. Kerkvrou, Whats­App

Nee, moenie jou (kerk)hoed afhaal vir dié man nie. Wees dapper genoeg en gaan konfronteer dié kerksuster self.

In die kerkdiens smile jy met hierdie vrou en haar gesin, maar sit in daai einste kerkbank met ’n wrok diep binne jou. En dan loof en prys jy met so ’n hart?

Antie praat g’n daad goed nie, maar daar is maniere en kanale hoe dié kwelpunt aangeroer kan word.

Wat maak anyway jou sonde beter as ’n ander s’n? Onthou, ons durf nooit vergeet van die balk in ons eie oë nie.

Liewe Antie Mona

NÁ MY onlangse brief wat Antie geplaas het, het ek my lus vir my skoolvriendin gaan lawe.

Ek het wel na haar huis toe gegaan met die volle wete dat sy “game” was vir ons eerste seksstukkie. Toe gebeur dit.

Ná ’n kort geselsie het sy my as getroude man verlei deur vooroor te buig met niks onderklere aan nie.

Ek kon nie help nie en het haar passievol van agter bespring en haar na haar kamer begelei. ’n Oomblik het ek wel aan my vrou gedink, maar kon nie help om oor te gaan tot ons seksdaad nie.

Dit was net ’n paar minute, toe is als oor. Tot my verbasing het ons gelyktydig orgasmes gehad – iets wat min in my huwelik gebeur.

Nou voel ek sleg oor my fout, maar kan nie my vriendin uit my gedagtes kry nie.

Seks met my vrou is oukei, maar met my skelmpie is dit awesome. Raadop, WhatsApp

Jy’s nie raadop nie, jy’s plain jags. Antie was nie seker met jou vorige brief nie, maar nou is ek oortuig dat jy al dié dinge uit jou duim suig. Dalk sal ’n stokperdjie – verkieslik van hout – nie so ’n slegte idee vir jou wees nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters