4 maande gelede
Seks is nie alles nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J en ek is mal oor seks.

Ek en my kêrel seks omtrent elke aand.

Antie, hy kry ook nie genoeg van my nie.

Hy klim my sommer op wanneer ek slaap. Ek hou daarvan, want dit is lekker.

Hy werk deur die dag en as hy nie by die huis is nie, speel ek met myself.

As hy saans by die huis kom, begin ons sommer om seks te hê.

As hy dronk is, weet hy nie van stop nie en seks my tot my bene onder my ingee.

Ek is tans sewe maande swanger. Dink Antie dis ’n risiko om elke dag so seks te hê? – Mal Oor Seks, WhatsApp

Genadiglik praat jy niks van kos nie.

Met alles wat jy met daai hande van jou aanvang, gril Antie skoons om te dink watter kos jy met daardie hande maak.

Gelukkig vir almal van ons wat nou met ons Kellogg’s sit en lees, kan ons darem nou asem skep met die wete dat jy ’n vrou is wat klaarblyklik net weet hoe om seks te hê.

Liefie, seks is nie alles in ’n verhouding nie.

Dit was nog nooit.

Julle draf anyway nou so deur die hele menu dat daar eintlik niks vir ’n toekomstige huwelik gaan oorbly nie.

En wat doen julle dan, want dit klink nie of julle eens met mekaar kommunikeer nie?

Met die vordering van jou swangerskap wat nou einde se kant toe staan, gaan die well-being van die baba anyway ’n prioriteit raak en gaan hierdie spyker-manewales van julle vir eers tot stilstand moet kom.

Tensy dit julle mission is om baba los te spyker en hom of haar Plankie te noem.

En soos wat die tyd gaan aanloop en kinders hoog op julle lysie van priorities gaan wees, gaan die sekslewe ook maar kwyn.

Antie hoop tog jy besef dat seks nie die enigste ding is wat ’n couple aan mekaar kan bind nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters