21 dae gelede
Rumours van ander girls pla
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY OUTJIE en ek date die afgelope sewe jaar.

Sy familie weet van ons en my familie ook. Maar daar is iets wat my pla.

Ek bly hoor dat hy ander meisies ook date, maar as ek hom daaroor uitvra, dan sê hy dis nie waar nie.

Hy sê hy sal saam met my na die meisies gaan en hulle vra wat aangaan.

Ek trust my kêrel baie en is lief vir hom.

Hy is die meeste van die tyd by my en ons spandeer tyd saam.

Ons gaan partykeer vir ’n walk en kyk soms na die wolke en beplan ons future.

Hy sê ook hy is lief vir my en hy kan hom nie sy lewe sonder my voorstel nie.

Help, asseblief, Antie. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Ek wil hom ook nie verloor nie. Vol Vrae, Whats­App

Liefie, sien die feit dat hy bereid is om saam met jou na hierdie girls te gaan as ’n sign dat hy niks het om weg te steek nie.

En hoekom sal hy dan anyway bereid wees om dit te doen as sy dinge kan uitkom?

Hou dus op na ál die stories luister, want clearly is daar mense wat julle nie saam wil sien nie.

As ’n ding nie gebreek is nie, moet jy nie daaraan peuter nie.

Hierdie outjie klink committed en meer as bereid om ’n future saam met jou te bou. Hou dit so!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters