14 dae gelede
Raadop oor buitelandse man
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK EN ’n buitelander gaan nou al vier jaar uit.

Hy het twee winkels en is baie vol van homself.

Ek het altyd ’n klomp stories van hom gehoor, maar dit nooit kop toe gevat nie. As ek en hy kwaad is vir mekaar, dan bly hy weke lank weg van sy kind af.

Ons kind raak nou al twee jaar oud, maar hy maak stories op van ek wat sleg is en nie ’n goeie ma vir my kind is nie. Hy is baie jaloers en maak my naam swak by mense.

Opsuip

Antie, ek sit 24/7 in die huis om na my kind te kyk.

Ek wil net die beste hê vir my kind, maar as dit by geld kom, sê hy ek wil die kind se geld opsuip, wat ek nie eens doen nie.

Hy gee net R500 ’n maand vir die kind. Hoe kan ek nog van daai geld nog suip ook?

As ons kwaad is vir mekaar, dan sê hy ook dis nie sy kind nie.

Gee vir my raad, asseblief. – Raadop Ma, WhatsApp

Weet jy wat, vandag se tyd kan ’n mens nie eens met ’n R500 Spur toe gaan nie, wat nog van ’n kind grootmaak?

Vir iemand met twee winkels is hy darem bitter suinig.

Om nie eens te praat van hoe hy sy kind kan aanvaar en deny soos wat dit hom pas nie.

Hoekom laat jy nie dat ’n kinderhof maintenance bepaal sodat hy nie langer net pa kan speel soos wat dit hom pas nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters