7 maande gelede
Potjierol bly pad-af kyk vir getroude ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vriendin, NL, wat by ’n skool werk. Sy maak die kos daar.

Wat ek nie van haar hou nie, is dat sy met ’n getroude man ’n verhouding het.

Dít terwyl sy met ’n ander man saamleef en ’n baba by hom het.

Soggens wanneer hierdie baba na haar nanny toe is, dan ry die twee soos verliefdes na die mall toe.

Wanneer werk hulle as hulle dan nooit by hulle werk is nie?

Sy ken nie meer van met die taxi of ’n MyCiTi-bus ry nie.

Trou

Haar werk behoort te gaan aan iemand wat ’n passie het vir kos maak en nie iemand wat met ’n getroude man wil jol nie.

Dit is dan so lekker om getroud te wees. Ek is lief vir my man en ons twee kinders. Een gaan juis skool waar hierdie vrou werk.

Sy moet vir haar ’n outjie kry, trou en ophou kinders maak.

Sy voel die son skyn uit haar gat uit.

Naweke sit sy gereeld in die pad en kyk dan wanneer hierdie man met sy bakkie ry.

Eintlik behoort sy mos aandag te gee aan haar saamleefman, of hoe, Antie?

Vriendin, daardie getroude man behoort nie aan jou nie. Hy lê jou net uit.

Werk eerder aan jou figuur, asseblief? Dit benodig baie aandag. Wat is so lekker aan ’n getroude man – sy broek of sy bakkie? – Bekommerde Vriendin

Ouch, as vriendin het jy jou panga mos behoorlik skerp geslyp vir hierdie vrou.

Antie kan nie help om te wonder nie: Is dit oor haar optrede jou afsit, of oor jy dalk ’n ogie het op hierdie kosmaakwerk van haar?

Toegegee, sy maak nie mooi met die man met wie sy saamleef nie en die bakkie-man ook nie met sy arme vrou, wat van g’n sout of water weet, nie.

Maar as jy regtig concerned is met die way hoe hierdie vriendin van jou lewe, stel ek voor jy het ’n face-to-face-gesprek met haar. Dan kan jy mos jou bekommernisse met haar deel.

Dalk kan jy voorstel dat julle saam aan die draf raak (sy loer tog klaar so padaf), aangesien jy ook ’n probleem met haar figure het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters