Verlede maand
Player is ‘lief’ vir ál drie sy girlfriends
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET drie meisies en ek is lief vir hulle almal.

Een van die meisies weet van die ander twee, maar die ander twee weet nie van mekaar nie.

Ek woon saam met K in Mitchells Plain en die ander twee meisies woon in Hanover Park.

Wat kan ek doen? IH, Whats­App

Liewe mens, dit is net ’n kwessie van tyd voordat jou dinge op die lappe kom.

Is jy regtig lus vir hierdie drama in jou lewe en om elke keer dieselfde ou leuens te moet onthou? En werk dit dan nie vir jou erg duur uit om ál hierdie girls te onderhou en te entertain nie?

Nee, man. Probeer jy dan kompeteer met oom Msholozi? Oppas as die rook gaan begin draai en al drie een hierdie girls jou in jou spulse peetjie stuur.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters